S­tu­dent vas ná seks met 12­ja­ri­ge

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

’n S­tu­dent is Maan­dag­aand in P­re­to­ria op ’n klag van sta­tu­tê­re ver­krag­ting in heg­te­nis ge­neem na­dat hy glo seks met ’n 12-ja­ri­ge mei­sie in ’n bad­ka­mer in haar ou­er­huis ge­had het.

Die 19-ja­ri­ge man lo­seer vol­gens kapt. Da­niel Ma­vim­be­la, po­li­sie­woord­voer­der, by die mei­sie se ou­ers in Sun­ny­si­de, P­re­to­ria.

“Die ma het om­streeks 18:00 tuis­ge­kom. Haar jon­ger dog­ter het haar glo pro­beer oor­tuig dat haar 12-ja­ri­ge sus­sie be­sig is om te bad,” het Ma­vim­be­la ge­sê.

Die ma sien toe eg­ter die ver­dag­te wat deur ’n skre­fie ag­ter die bad­ka­mer­deur uit­loer.

Toe hy be­sef hy is op he­ter­daad be­trap, het hy uit die bad­ka­mer ge­kom en weg­ge­hard­loop.

Die ma het die voor­val by die po­li­sie aan­ge­meld en hy is kort daar­na in heg­te­nis ge­neem.

Hy sal van­dag in die hof ver­skyn en bly tot dan in aan­hou­ding. Dit is on­be­kend waar die ver­dag­te stu­deer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.