2 brand dood in bot­sing met vrag­mo­tor

Beeld - - Nuus - – Na­di­ne T­heron

T­wee men­se is Dins­dag­aand dood toe ’n vrag­mo­tor teen vier an­der voer­tuie op die N1 na­by die O­li­fants­fon­tein-af­rit in Cen­tu­ri­on ge­bots het.

Een van die motors was in lig­te laaie en die voer­tuie het oor die hoof­weg ge­lê toe pa­ra­me­di­ci van ER24 en an­der nood­diens­te op die to­neel op­ge­daag het.

Na­dat brand­be­stry­ders die vlam­me ge­blus het, is die ly­ke van ’n man en ’n vrou in die uit­ge­bran­de voer­tuig ge­vind.

Een pas­sa­sier het erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen en ’n an­der een is lig be­seer. Al­bei is na ’n na­by­ge­leë hos­pi­taal ge­neem.

Die oor­saak van die on­ge­luk is on­be­kend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.