I­mam met skiet­wond in mo­tor ge­vind

Beeld - - Nuus - – Je­a­nel­le G­rey­ling

Die lyk van ’n 64-ja­ri­ge i­mam is Dins­dag­mid­dag in sy mo­tor langs die R82 in Wal­ker­vil­le, suid van Jo­han­nes­burg, ge­vind.

Kapt. Ma­vela Ma­son­do, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie het om­streeks 13:15 op ’n op­roep van ’n ver­by­gan­ger ge­re­a­geer.

Die man, wat in sy sil­wer­grys Toyo­ta Corol­la ge­lê het, het ’n skiet­wond in sy bo­lyf ge­had, sê Ma­son­do. Hy is op die to­neel dood ver­klaar.

“Die man is glo ’n wel­be­ken­de i­mam van Ve­ree­ni­ging.”

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.