‘Kry vir jul­le,’ sê ma glo aan mans wat dog­ter (11) ver­krag

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Die af­grys­li­ke ver­krag­ting van ’n 11-ja­ri­ge mei­sie van Bloem­fon­tein deur tot drie mans op ’n slag on­der aan­voe­ring van haar ma word be­skryf in maat­skap­li­ke fo­ren­sie­se ver­slae in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein.

S­pra­ke van Sa­ta­nie­se be­dry­wig­he­de en ri­tu­e­le van die ma kom ook na vo­re in die mei­sie en haar boe­tie (9) se ge­sprek­ke met Hei­di Jou­bert, ’n pri­va­te maat­skap­li­ke wer­ker van Bloem­fon­tein.

Ter­wyl die mei­sie ver­krag is, het die mans haar boe­tie aan­ge­rand. Hy moes ook toe­kyk ter­wyl sy ver­krag is.

Daar­na moes die kin­ders al­bei kyk hoe die mans op aan­drang van hul ma ook met haar seks het.

Die noem­na­me van die drie mans van ’n mo­tor­fiets­klub in Bloem­fon­tein, nog drie mans van die stad, ’n fa­mi­lie­vriend van Hoop­stad, vyf mans van Ly­den­burg en ’n Ni­ge­ri­ër van Ger­mis­ton word in die ver­slae ge­noem.

Haar ou­ers staan voor waar­ne­men­de reg­ter-pre­si­dent Cag­ney Mu­si te­reg op 13 aan­klag­te.

Uit die ver­slae wat by die hof in­ge­dien is, blyk dit die mei­sie het in die aan­vank­li­ke on­der­hou­de met Jou­bert vir haar pa (44) pro­beer skerm, maar la­ter meer oor sy teen­woor­dig­heid en ken­nis van haar ma (36) se be­dry­wig­he­de ver­tel.

Sy ver­tel in la­te­re on­der­hou­de met Jou­bert: “Hy het dit toe­ge­laat. Hy het die ooms ge­ken.

“Hy het par­ty­keer op die bank ge­sit en kyk.”

Haar boe­tie ver­tel in be­son­der­he­de hoe die “ooms” sy sus­ter ver­krag het.

“Ek moet ge­woon­lik hier staan. Sus­sie is op die bank en ma hou haar vas en vier man­ne is op haar.”

Hul­le het haar om die beurt ver­krag.

“Ge­woon­lik wil sy skree vir hulp, maar dan hou ma haar mond met haar hand toe.”

Die ma het blyk­baar as pros­ti­tuut in Ger­mis­ton ge­werk.

“As ons slaap, kon sy vir ons geld­jies in­bring,” het die mei­sie ver­tel.

Haar ma het haar in ruil vir dwelm­skuld aan ’n Ni­ge­ri­ër vir seks ge­gee, het die mei­sie ver­tel. Die Ni­ge­ri­ër het haar vas­ge­boei en ver­krag.

Oor die drie le­de van die mo­tor­fiets­klub wat haar ge­reeld in Bloem­fon­tein ver­krag het, ver­tel sy haar ma het ge­lag wan­neer dit ge­beur het.

“Kry vir jul­le. Kry vir jul­le,” het sy ge­sê.

Sy het ver­tel ter­wyl haar pa by ’n steen­fa­briek in Bloem­fon­tein ge­werk het, het sy werk­ge­wer met haar ma seks ge­had en haar toe ver­krag.

Hy het haar op die mond ge­slaan toe sy aan­vank­lik ge­wei­er het.

T­wee werk­ne­mers van die fa­briek het haar ook ver­krag.

Oor Ly­den­burg praat sy van vyf mans.

Haar ma het ge­sê: “Ver­krag die mei­sie en slaat die seun­tjie.”

Sy ver­tel ook hoe haar ma Sa­tan aan­bid het: “My mees­ter, my dui­wel, kom hier.”

Haar ma het ’n sir­kel om haar ge­trek wan­neer sy Sa­tan aan­bid het.

Sy het haar­self dan ge­sny en ge­bloei.

Sy het in­tus­sen op­ge­hou daar­mee.

Haar pa het soms ge­maak as­of hy ’n de­moon is.

Fo­to: CON­RAD BOR­N­MAN

Die 11­ja­ri­ge mei­sie se slaap­ka­mer in haar ou­er­huis in Bloem­spruit by Bloem­fon­tein waar haar ma haar na be­we­ring deur ver­skeie mans laat ver­krag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.