Hen­ri se hof­saak gaan nog we­ke duur

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Om ver­lo­re tyd weens die va­kan­sie­dag gis­ter in te haal, sal die moord­ver­hoor van Hen­ri van B­re­da mô­re in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad voort­gaan, het reg­ter Si­raj De­sai Dins­dag ge­sê toe hy die ver­hoor uit­ge­stel het.

Dit is on­ge­woon om­dat die hoog­ge­regs­hof nie op ’n Vry­dag straf­sa­ke aan­hoor nie.

Die hof is Dins­dag 13:00 ver­daag om­dat Kaap­stad ont­wrig is deur die be­to­gings oor die mosie van wantroue in pres. Ja­cob Zu­ma in die par­le­ment.

Lt.kol. S­har­le­ne Ot­to word deur adv. Matthys Com­brink kruis­on­der­vra. Sy is die fo­ren­sie­se hoof van die bi­o­lo­gie­de­par­te­ment in die po­li­sie se fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um en werk al 24 jaar daar.

Sy het Maan­dag be­gin ge­tuig dat die la­bo­ra­to­ri­um 216 mon­sters ge­toets het wat in die Van B­re­da-huis op die De Zal­ze-land­goed in­ge­sa­mel is. Van die be­lang­rik­ste be­vin­dings wat sy ge­maak het, is dat daar geen on­be­ken­de DNS in die huis ge­vind is nie.

Van B­re­da se ma, Te­re­sa (55), en sy ou­er broer, Ru­di (22), se DNS is op mon­sters van Hen­ri se stort­vloer ge­vind, as­ook on­der vin­ger­na­el-skra­pings van sy lin­ker­hand.

Com­brink het Ot­to Dins­dag ge­pe­per met vrae oor die la­bo­ra­to­ri­um wat nie ge­ak­kre­di­teer is nie.

Haar on­der­vra­ging sal van­dag voort­gaan.

Hier­na sal die staat nog drie ge­tui­es roep – ao. Lor­rai­ne Nel (fo­ren­sie­se kun­di­ge), kapt. Ma­ri­us Jou­bert (bloed­spat­sel­ken­ner) en sers. Mar­lon Ap­pol­lis (on­der­soek­be­amp­te).

Adv. Su­san Gal­lo­way, staats­aan­kla­er, het vroe­ër in die hof ge­sê dit sal min­stens nog drie we­ke, tot die ein­de van die maand, duur om al dié ge­tui­e­nis af te han­del.

Adv. Pie­ter Bo­tha, Van B­re­da se regs­ver­teen­woor­di­ger wat ’n suk­ses­vol­le aan­soek by die hof in­ge­dien het om Nel as ge­tuie te roep om­dat die staat nie van plan was om haar te roep nie, sê daar is teen­stry­dig­he­de in Ot­to se ver­kla­ring wat by die hof in­ge­dien is en van die ge­tui­e­nis voor die hof.

Dit han­del oor die bloed­mon­sters wat op die to­neel in­ge­sa­mel is en hoe dit ge­toets is.

Hier­na sal die staat na ver­wag­ting sy saak sluit en Bo­tha sal dan moet be­sluit of hy sy kli­ënt gaan roep om te ge­tuig.

Daar is ’n lys na­me van des­kun­di­ges wat hy ge­kon­sul­teer het en wat hul be­vin­dings aan die staats­ge­tui­es in die hof ge­stel het. Hul­le sal na ver­wag­ting moet ge­tuig.

Dit sluit in Co­bus S­teyl (fo­ren­sies-bal­lis­tie­se ken­ner), dr. Reg­gie Pe­ru­mal, (fo­ren­sie­se pa­to­loog) en dr. An­to­nel Olc­kers (fo­ren­sie­se we­ten­skap­li­ke).

■ Hen­ri staan te­reg op drie aan­klag­te van moord op sy pa, Mar­tin (54), sy ma en sy broer. Hy staan ook te­reg op aan­klag­te van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li, en van regs­ver­y­de­ling. Hy het op 24 A­pril skuld op al die aan­klag­te ont­ken. Mar­li het die aan­val oor­leef, maar ly aan ge­heu­e­ver­lies en kan niks van die aan­val ont­hou nie.

Hen­ri voer aan ’n in­bre­ker het sy ge­sin in Ja­nu­a­rie 2015 met ’n byl aan­ge­val.

Fo­to: JACO MARAIS

Dr. An­to­nel Olc­kers (links voor) is een van die ve­le des­kun­di­ges wat Hen­ri van B­re­da se reg­span kon­sul­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.