Ma­na­na dalk van­dag al in hof – M­ba­lu­la

Beeld - - Nuus - News24 – Je­a­nel­le G­rey­ling

M­du­du­zi Ma­na­na, ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, gaan dié week, moont­lik al van­dag, in die hof ver­skyn weens die be­weer­de aan­ran­ding op t­wee vroue die na­week.

Só het Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, gis­ter aan

ge­sê.

Ma­na­na het na be­we­ring die vroue by die Cu­baña-nag­klub in Jo­han­nes­burg aan­ge­rand.

Ma­na­na is vol­gens M­ba­lu­la eg­ter net in ken­nis ge­stel om in die hof te ver­skyn en nie in heg­te­nis ge­neem nie om­dat hy “wel­be­kend is en nie as ’n vlug­ri­si­ko be­skou word” nie.

“Ek kan nou be­ves­tig dat hy in ken­nis ge­stel is om in die hof te ver­skyn en al­le regs­pro­ses­se te volg,” het M­ba­lu­la ge­sê.

“Dit hang van hom af of hy met die po­li­sie gaan saam­werk of nie. In­dien nie, sal ons hom op­spoor.”

M­ba­lu­la kon nie sê in wat­ter hof Ma­na­na gaan ver­skyn nie.

S­kok­ken­de vi­de­o­beeld­ma­te­ri­aal het in­tus­sen aan die lig ge­kom.

Man­di­sa Du­ma en ’n vrien­din was Son­dag met Ma­na­na in ’n stry­e­ry be­trok­ke oor wie pres. Ja­cob Zu­ma in De­sem­ber as ANC-pre­si­dent moet op­volg.

’n Oog­ge­tuie, die SAUK-joer­na­lis Lum­ko Jim­lon­go, sê in ’n in­skry­wing op In­sta­gram Ma­na­na het ’n vrou by Cu­baña be­gin aan­val om­dat sy glo per­soon­li­ke aan­mer­kings oor hom ge­maak het.

Jim­lon­go sê in die in­skry­wing hy sal ’n ver­kla­ring af­lê as die vrou ’n saak teen Ma­na­na aan­han­gig maak. Ma­na­na het se­dert­dien om ver­sko­ning ge­vra.

Hy het er­ken dat hy die een vrou ge­klap het, maar ge­sê dat hy uit­ge­lok is.

M­ba­lu­la sê die slag­of­fer is op­reg en dat die po­li­sie vin­nig op­ge­tree het om haar te be­skerm.

Hy het vol­ge­hou dat die po­li­sie na daar­aan was om hul on­der­soek af te han­del.

“Sy saak is op­ge­volg. Nie­mand is bo die reg ver­he­we nie.”

Po­li­tie­ke lei­ers het die aan­ran­ding ver­oor­deel.

Van hul­le het ge­vra dat Ma­na­na on­mid­del­lik in heg­te­nis ge­neem word.

Pres. Ja­cob Zu­ma was een van die po­li­tie­ke lei­ers wat hom gis­ter, op Vrou­e­dag, teen Ma­na­na uit­ge­spreek het.

Die de­par­te­ment van ho­ër on­der­wys het nog nie ge­re­a­geer op na­vrae oor waar­om Ma­na­na nie as ad­junk­mi­nis­ter ge­skors is han­gen­de die on­der­soek nie.

M­du­du­zi Ma­na­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.