Koorn­hof se vrou sterf

SY WAS RUGBYKENNER, SÊ HAAR SEUN

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Sy ma was ’n lief­de­vol­le mens wat baie lief was vir die­re, kin­ders, jong­men­se, die grond – én rug­by.

Só sê dr. Ger­hard Koorn­hof, ’n ANC-par­le­ments­lid, oor sy ma, Lu­lu (91), wat Vry­dag in S­tel­len­bosch dood is na­dat sy long­ont­ste­king op­ge­doen het.

Sy was die vrou van dr. Piet Koorn­hof, ’n oud­mi­nis­ter wat in die ka­bi­net­te van John Vor­ster en PW Bo­tha ge­dien het. Dr. Koorn­hof, wat aan die ein­de van sy loop­baan Suid-A­fri­ka se am­bas­sa­deur in Washing­ton was, is tien jaar ge­le­de dood.

Hy was in 1992 in die nuus toe hy sy vrou ver­laat het vir die veel jon­ger Mar­cel­le A­dams. Hy en sy vrou is nooit ge­skei nie en sy was langs sy bed toe hy in 2007 dood is.

Ger­hard sê sy ma, wat op ’n plaas by Ver­keer­de­vlei in die Vry­staat groot­ge­word, aan die Ho­ër­skool Sen­traal in Bloem­fon­tein skool­ge­gaan en in S­tel­len­bosch ge­stu­deer het, “het nooit haar ver­bin­te­nis met die plaas­le­we ver­loor nie”.

“Waar sy ook al ge­gaan het, het sy klip­pe en grond op­ge­tel. Sy was ook ’n diep ge­lo­wi­ge mens, baie pri­vaat en het hard ge­werk.”

Ger­hard sê sy ma was tot die ein­de ge­sond en nog vlug van be­grip.

Toe sy weens long­ont­ste­king hos­pi­taal toe is, was dit die eer­ste keer dat sy in ’n hos­pi­taal op­ge­neem is.

“Haar lig­gaam het teen die ein­de bloot in­ge­gee.”

Ger­hard ver­tel sy ma was ’n rugbykenner wat graag op te­le­vi­sie na dié sport­soort ge­kyk het.

“Sy het ons baie keer ge­bel en ge­sê: ‘Jul­le móét na dié wed­stryd kyk.’ Die klank was nooit aan nie om­dat sy ’n ge­hoor­pro­bleem ge­had het.

“Toe ek haar ka­mer ná haar dood op­ruim, het ek op ly­sies af­ge­kom wat sy ge­maak het van ‘span­ne wat al­tyd wen’ en ‘span­ne wat al­tyd ver­loor’.

“In die hos­pi­taal het sy nog ge­vra ons moet die TV op rug­by in­ska­kel,” sê Ger­hard.

’n Ge­denk­diens sal mô­re­og­gend 11:00 in die NG Moe­der­kerk in S­tel­len­bosch vir haar ge­hou word.

Die diens sal ge­lei word deur dr. Han­nes Koorn­hof, ’n fa­mi­lie­lid en af­ge­tre­de pre­di­kant van dié ge­meen­te.

Lu­lu word ook oor­leef word deur haar an­der seun, Jo­han, en drie klein­kin­ders.

Sy sal ver­as word.

Piet en Lu­lu Koorn­hof by Piet se ou­ers.

Lu­lu en Piet Koorn­hof in die vroeë 1980’s by ’n staats­ban­ket wat in die Mount Nel­son­ho­tel in Kaap­stad ge­hou is.

Mar­cel­le A­dams en Piet Koorn­hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.