Myn­hoë aan keel ge­gryp, uit­ge­gooi

‘ ’N LEUENAAR NES DIE GUP­TAS!’ HOOR HY An­der haal skou­ers op oor hui­se wat bars

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

’n Ver­ga­de­ring tus­sen le­de van die Del­mas-ge­meen­skap en die be­stuur van die Gup­ta-be­heer­de steen­kool­myn Brak­fon­tein bui­te die dorp het in cha­os ge­ëin­dig toe Ge­or­ge van der Mer­we, be­dryfs­hoof van Op­ti­mum Co­al, hard­han­dig by die ver­ga­der­saal uit­ge­boen­der is.

Dit volg na­dat K­ha­ya Se­ko­ne, woord­voer­der van die Vic­tor K­ha­nye- plaas­li­ke o­wer­heid, druk op Van der Mer­we ge­plaas het om ’n on­der­ne­ming te gee dat die Gup­tas se Te­ge­ta Re­sour­ces sal help om 11 ge­sin­ne wat langs die myn woon, te her­ves­tig en nu­we hui­se vir hul­le sal bou.

Op­ti­mum is die moe­der­maat­skap­py van Te­ge­ta.

Die ge­sin­ne, wat op ’n ge­deel­te van die plaas Brak­fon­tein langs die myn woon, be­skul­dig Brak­fon­tein se myn­be­stuur daar­van dat hul hui­se stuk­kend ge­skiet word.

Van der Mer­we het eg­ter ge­wei­er om die on­der­ne­ming te gee en het ge­sê hy sal eers met Brak­fon­tein se be­stuur moet ver­ga­der en hul toe­stem­ming daar­voor moet kry.

Woe­den­de le­de van die South A­fri­can Na­ti­o­nal Ci­vi­cs Or­ga­ni­sa­ti­on (San­co) het Van der Mer­we uit­ge­jou en ge­sê hy moet da­de­lik by die Gup­tas toe­stem­ming kry om hui­se vir die 11 ge­sin­ne te bou. Hul­le het vir hom ge­skree hy moet “skoert”.

Toe hy bly sit, het t­wee mans, een met ’n stok, op­ge­spring en Van der Mer­we aan die kop en keel ge­gryp en hom by die saal se deur uit­ge­gooi.

Sa­tish Mu­da­li­ar, hoof­be­stuur­der van die Brak­fon­tein­myn, is vroe­ër deur ’n San­co-lid met wa­ter be­stook. Sy het aan hom ge­skreeu hy is “’n leuenaar, nes al die Gup­tas” en dat hul­le uit die land moet pad­gee.

In hier­die sta­di­um is die ver­ga­de­ring in ’n lo­kaal bui­te die dorp ge­hou.

Gra­ce M­ge­be (59) van Brak­fon­tein het vir Mu­da­li­ar en Ra­vin­dra Nath, uit­voe­ren­de hoof van Te­ge­ta Re­sour­ces, ge­sê sy het drie jaar ge­le­de al ge­kla haar huis is stuk­kend ge­skiet.

Die myn het des­tyds wer­kers ge­stuur en die kra­ke met kraak­vul­ler toe­ge­stop. “Maar jul­le skiet dag en nag om die steen­kool uit te kry. Ons kan nie snags slaap nie, want ons is bang ons hui­se val bo-op ons. En die huis het weer ge­bars.

“Ons wil hê jul­le moet vir ons an­der bly­plek gee.”

M­ge­be het in Sotho ge­praat en ’n tolk het dit in En­gels ver­taal.

Nath en Mu­da­li­ar het hul skou­ers op­ge­haal en ge­sê hul­le is “ook net werk­ne­mers”.

M­ge­be het in tra­ne uit­ge­bars en ge­sê sy is siek en sy is se­ker dat haar lon­ge en dié van haar kin­ders al swart is van al die steen­kool­stof wat hul­le el­ke dag moet in­a­sem.

Jo­han Ge­ric­ke, ’n hoen­der­boer en buur­man van Brak­fon­tein, het ge­sê dit is on­draag­lik om ’n be­staan langs die myn te pro­beer maak.

Die myn­ba­se be­lo­we al lan­ger as drie jaar die si­tu­a­sie sal ver­be­ter, maar dit word net er­ger, het hy ge­sê.

Ge­ric­ke het aan Nath ge­sê hy dring daar­op aan dat Te­ge­ta X-straal­fo­to’s van die lon­ge van men­se in die om­ge­wing laat neem om te be­paal of hul­le aan “swart­long­siek­te” ly.

Nath het Ge­ric­ke as “’n slu man” be­skryf wat wou ge­had het Te­ge­ta moet sy grond koop.

“Ek het 13 ga­te op sy grond ge­boor en daar is geen steen­kool op sy plaas nie,” het Nath ge­sê.

Ge­ric­ke het dit ont­ken. Se­ko­ne het Nath en Mu­da­li­ar la­ter ook uit die ver­ga­de­ring ge­jaag en ge­sê hy gee hul­le 48 uur om met ’n plan vir die men­se se huis­ves­ting vo­ren­dag te kom. Toe Nath en Mu­da­li­ar ver­suim om die saal te ver­laat, het Se­ko­ne vir hul­le die deur ge­wys en ge­skreeu: “Gaan uit!”

Hier­na het die men­se na die Brak­fon­tein­myn ver­trek en klip­pe voor die hek ge­pak. Die po­li­sie het Dins­dag­aand die in­gang na die myn be­waak.

Fo­to: E­LI­SE TEM­PEL­HOFF

Gra­ce M­ge­be (59) en Ma­ria Moe­na (97) voor hul huis se ge­kraak­te muur. Hul­le woon op ’n ge­deel­te van die plaas Brak­fon­tein reg langs Te­ge­ta Re­sour­ces (S­hi­va Co­al) se Brak­fon­tein­myn.

Jo­han Ge­ric­ke, ’n hoen­der­boer en buur­man van Brak­fon­tein, wys hoe be­soe­del die wa­ter op sy ei­en­dom is.

Fo­to: E­LI­SE TEM­PEL­HOFF

Ge­or­ge van der Mer­we, be­dryfs­hoof van Op­ti­mum.

Fo­to: E­LI­SE TEM­PEL­HOFF

Sa­tish Mu­da­lair, hoof­be­stuur­der van die Brak­fon­tein­myn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.