Dag­gak­we­kers knou wou­de met er­ge gif

Beeld - - Nuus - – Reuters

Die be­soe­de­ling diep in Ka­li­for­nië se wou­de wat met on­wet­ti­ge dag­gak­we­ke­ry ver­bind word, is veel er­ger as wat voor­heen ver­moed is.

Dit is so erg dat groot de­le van die land­skap in stor­tings­ter­rei­ne ver­an­der het wat so tok­sies is dat wets­toe­pas­sers al in die hos­pi­taal be­land het na­dat hul­le net aan van die plan­te daar ge­raak het.

Die hoe­veel­heid on­wet­ti­ge en ge­re­gu­leer­de in­sek­do­ders en die we­der­reg­te­li­ke ge­bruik van kuns­mis is heel­wat er­ger as die amp­te­li­ke skat­ting wat die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van bos­bou in 2014 ge­maak het.

Toe reeds het ’n top­amp­te­naar ge­sê die be­soe­de­ling be­dreig die na­tuur­li­ke wou­de in Ka­li­for­nië en an­der deel­sta­te.

Meer as 90% van die on­wet­ti­ge dag­ga­boer­de­ry in A­me­ri­ka is in Ka­li­for­nië. Heel­wat van die dag­ga waar­mee diep in die Ka­li­for­nie­se staats­wou­de en op pri­va­te ei­en­dom hier ge­boer word, word uit­ge­voer na an­der deel­sta­te, sê wets­toe­pas­sers.

Dié deel­staat werk nog aan ’n li­sen­sie­stel­sel vir dag­ga­boe­re, hoe­wel dag­ga­han­del al vol­gen­de jaar daar wet­tig sal wees.

Die ge­bruik van dag­ga vir me­die­se doel­ein­des word al de­ka­des lank in Ka­li­for­nië toe­ge­laat.

Mou­rad Ga­briel, ’n e­ko­loog wat die pro­bleem na­mens die bos­bou­de­par­te­ment en an­der wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe mo­ni­tor, skat daar word in Ka­li­for­nië se staats­wou­de tans 41 keer so­veel kor­rel­kuns­mis en 80 keer so­veel vloei­ba­re in­sek­do­der as wat staats­in­spek­teurs in 2013 be­vind het.

Dag­ga­boe­re ge­bruik kuns­mis en in­sek­do­ders wat lank reeds in A­me­ri­ka ge­re­gu­leer word of on­wet­tig ver­klaar is, on­der meer Car­bo­fu­ran (’n po­ten­si­eel do­de­li­ke kar­ba­maat wat streng ge­re­gu­leer word) en sink­fos­faat.

Lui­dens hof­do­ku­men­te het min­stens vyf wets­toe­pas­sers en t­wee ver­dag­tes al in die hos­pi­taal be­land ná kon­tak met in­sek­do­ders. Die simp­to­me het in­ge­sluit vel­uit­slag en a­sem­ha­lings­pro­ble­me.

Die ge­bruik van che­mi­ka­lieë in staats­wou­de is on­wet­tig in A­me­ri­ka om­dat in­sek­do­ders al sen­si­tie­we spe­sies uit­ge­wis het. Kuns­mis kan die ver­keer­de bak­te­rieë in ri­vie­re laat be­land en die groei van al­ge aan­wak­ker.

Ga­briel, wat wyd as die voor­ste ken­ner van tok­sie­se mid­dels op dag­ga­pla­se be­skou word, het vol­gens on­ge­pu­bli­seer­de da­ta wat Reuters on­der oë ge­had het, be­re­ken dat staats­grond in Ka­li­for­nië meer as 300 000 kg kor­rel­kuns­mis, 14 500 li­ter ge­kon­sen­treer­de vloei­ba­re kuns­mis en am­per 6 000 li­ter tok­sie­se in­sek­do­der be­vat.

As nie eens al die in­sek­do­der en kuns­mis in ’n stroom of ri­vier be­land, sal dit meer wees as die hoe­veel­heid che­mi­ka­lieë wat in 2014 in die Elk­ri­vier in Wes-Vi­r­gi­nië ge­stort is en daar­toe ge­lei het dat 300 000 men­se nie meer drink­wa­ter ge­had het nie.

Fo­to: REUTERS

Der­dui­sen­de leë blik­kies waar­in bu­taan­gas was wat in die ver­wer­king van on­wet­ti­ge dag­ga ge­bruik is, lê in ’n woud in Ka­li­for­nië. Be­soe­de­ling deur dag­gak­we­kers en smok­ke­laars is blyk­baar ’n groot pro­bleem in A­me­ri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.