‘Ree­va kyk met ’n glim­lag af na ons’

Beeld - - Nuus - Can­di­ce Be­zui­den­hout

Tus­sen al die vroue wat op Vrou­e­dag by­een­ge­kom het om wy­le Ree­va S­teen­kamp se na­ge­dag­te­nis te her­denk, sit die ge­boë fi­guur van haar pa, Bar­ry, en huil ge­luid­loos.

Hy vee met ’n vin­ger oor die oë, maar die tra­ne bly stroom ter­wyl sy vrou, Ju­ne, al­mal be­dank wat gis­ter die ont­byt ter ere van hul ge­lief­de dog­ter in die Sum­mer­strand-ho­tel in Port E­li­za­beth by­ge­woon het.

Die ont­byt is deur die Ree­va Re­bec­ca S­teen­kamp-stig­ting ge­re­ël wat die mis­han­de­ling van vroue en kin­ders pro­beer be­kamp.

“Ek is so dank­baar om die won­der­li­ke on­der­steu­ning van al­mal te kry. Dit laat my glo ons sal daar­in slaag om Ree­va se wen­se om vroue teen mis­han­de­ling te be­skerm, te be­waar­heid,” het Ju­ne aan die tal­le vroue en en­ke­le mans ge­sê wat die kon­fe­ren­sie­saal vol­ge­pak het.

As­of haar dog­ter nog leef, sê Ju­ne: “Ree­va voel dat el­ke mens spe­si­aal is, die reg het om lief­ge­hê en nie mis­han­del te word nie en om ’n vei­li­ge bly­plek te hê.”

Sy sê Ree­va se pas­sie vir die be­sker­ming van vroue het be­gin toe ’n tie­ner van B­re­das­dorp, A­ne­ne Booy­sen (17), vier jaar ge­le­de wreed ver­krag, ver­moor en vir dood ag­ter­ge­laat is.

A­ne­ne is slegs ’n paar we­ke voor Ree­va in Fe­bru­a­rie 2013 dood.

“Na­dat A­ne­ne dood is, het Ree­va be­gin veg vir vroue. Sy het my ge­bel en ge­sê: ‘Mam­ma, ek moet nou iets doen. Ek moet daar­by be­trok­ke raak.’

“Dit wat met A­ne­ne ge­beur het, het haar so ge­skok. Sy het ge­twiet en ge­sê sy het in ’n vei­li­ge, lief­de­vol­le huis wak­ker ge­word, maar som­mi­ge is nie so ge­luk­kig nie. Dis die dag waar­op A­ne­ne se lyk ge­vind is.

“A­ne­ne is ver­krag en tus­sen rom­mel vir dood ge­los. Daar is geen re­spek meer vir ’n mens se le­we nie.”

Sy is se­ker Ree­va sou dol wees oor die ge­leent­heid wat hul­le gis­ter ge­hou het.

“Ek is se­ker sy kyk met ’n glim­lag op haar ge­sig af na ons en weet wat ons doen.”

Ter­wyl sy praat, is haar arm deu­ren­tyd styf om haar man se lyf ge­vou, as­of sy hom só wil on­der­steun.

Op die vraag oor hoe hul­le voel, pro­beer Bar­ry moe­dig glim­lag, maar die tra­ne spring op­nuut in sy pot­blou oë. Sy mond gaan oop as­of hy iets wil sê, maar toe die tra­ne dreig om oor te loop, maak hy dit weer toe en klou net styf aan sy vrou se arm vas.

“Ons is ou­kei,” ant­woord sy na­mens hom en vryf lief­de­vol oor sy arm.

“Ons voel van­dag baie, baie trots op Ree­va en dat sy ons be­moe­dig het om te doen wat ons doen na­dat ons haar ver­loor het.

“Ons mis haar net so ver­skrik­lik baie. El­ke lie­we dag. Dit word nie be­ter nie.”

Ree­va is op Va­len­tyns­dag 2013 deur haar kê­rel, die Pa­ra­lim­pie­se at­leet Os­car Pis­to­ri­us, dood­ge­skiet. Hy het haar glo vir ’n in­bre­ker in sy spog­huis in P­re­to­ria aan­ge­sien.

Pis­to­ri­us dien tans ses jaar tronk­straf uit weens Ree­va se dood.

Fo­to: LULAMA ZENZILE

Ju­ne en Bar­ry S­teen­kamp, ou­ers van die ver­moor­de mo­del Ree­va S­teen­kamp, by die ont­byt wat gis­ter op Vrou­e­dag ter ere van Ree­va ge­hou is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.