Aard­be­wing eis 19 men­se in C­hi­na

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Reuters

19 men­se, on­der an­de­re agt toe­ris­te, is dood in ’n aard­be­wing in die suid­wes­te­li­ke Si­chu­an­pro­vin­sie in C­hi­na.

Vol­gens die A­me­ri­kaan­se Ge­o­lo­gie­se Op­na­me (USGS) het die skud­ding met ’n sterk­te van 7 ’n yl be­volk­te ge­bied 200 km wes­noord­wes van die stad Gu­angyu­an ge­tref.

Die e­pi­sen­trum is so­wat 10 km on­der­gronds.

O­wer­he­de in Si­chu­an sê die e­pi­sen­trum is in die N­ga­wa­pre­fek­tuur, waar die mees­te van die men­se no­ma­die­se Ti­be­ta­ne is.

Die Ji­u­z­hai­gou­na­tuur­re­ser­vaat, ’n ge­wil­de toe­ris­te­be­stem­ming, is ook na­by die e­pi­sen­trum ge­leë. Aard­be­wings tref dié ge­bied ge­reeld.

Fo­to’s op die staats­be­heer­de so­si­a­le­me­di­a­plat­forms toon te­ëls wat van ge­boue af­ge­val het en men­se wat bui­te saam­drom.

Die skud­ding is ge­voel tot so ver as Xi’an, tuis­te van die be­ken­de ter­ra­cot­ta­sol­da­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.