6 sol­da­te be­seer toe kar hul­le tref

Beeld - - Wêreld­-Beeld -

’n Man wat gis­ter­og­gend in Pa­rys tus­sen ’n groep sol­da­te in­ge­jaag en ses van hul­le be­seer het, is la­ter op ’n snel­weg voor­ge­keer en in heg­te­nis ge­neem.

Le­de van ’n e­li­te­teen­ter­reur­een­heid het hom ge­wond.

’n Joer­na­lis van Reuters het die BMW­mo­tor op die A16­snel­weg sien staan en sê die mo­tor is vol ga­te ge­skiet.

Die mo­tor het in die voor­stad Le­val­lois­Per­ret in die Fran­se hoof­stad tus­sen die sol­da­te in­ge­ploeg. Die man het daar­na weg­ge­jaag.

Pa­trick Bal­ka­ny, bur­ge­mees­ter van Le­val­lois­Per­ret, sê vol­gens Sky News dat hy die BMW ge­sien het en dat die voor­val “son­der twy­fel” ’n ter­reur­aan­val was.

Die de­par­te­ment van ver­de­di­ging het aan AFP ge­sê drie van die sol­da­te is erns­tig be­seer, maar hul le­we is nie in ge­vaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.