Die ge­skie­de­nis sal die ANC nog hard oor­deel

Beeld - - Nuus - Wil­lem Jor­daan Ont­le­ding

Die ANC het gis­ter ’n bie­tjie tyd ge­koop vir pres. Ja­cob Zu­ma, maar po­ten­si­eel sy eie on­der­gang aan­sien­lik ver­haas.

Met die uit­slag van die ge­hei­me stem­ming in Zu­ma se guns – maar met ’n be­dui­dend klei­ner grens as in die vo­ri­ge oop stem­mings – móét jy won­der of dié po­li­tie­ke kat met ne­ge le­wens se agt­ste le­we nie dalk die dood van sy par­ty kan be­te­ken nie.

Ter­wyl Zu­ma gis­ter­aand tri­om­fan­te­lik ge­sing en ge­dans het, sou ’n paar erg on­rus­ba­ren­de ge­dag­tes on­der ANC-le­de op­ge­kom het – selfs on­der die­ge­ne wat téén die mosie van wantroue in Zu­ma ge­stem het. Selfs húl­le sou, dalk met ’n fyn tro­pie­se sweet op die voor­kop, ge­weet het hoe­veel Zu­ma die par­ty al ge­kos het:

■ Vol­gens on­lang­se me­nings­pei­lings van Ip­sos het die ANC se steun reeds on­der die 50%-merk ge­daal. Bo­wen­dien keur so­wat 62% van ANC-kie­sers Zu­ma af as pre­si­dent, met slegs 18% wat hom on­der­steun. 65% van kie­sers sê in dié pei­ling Zu­ma be­hoort te be­dank.

■ In die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing het hy ver­skeie van sy me­tro’s in sy hart­land aan die op­po­si­sie af­ge­staan.

■ Zu­ma het die ANC reeds so­wat se­we per­sen­ta­sie­pun­te by die stem­bus ge­kos. Ter­wyl die ANC on­der Nel­son Man­de­la en T­ha­bo M­be­ki sy steun van 63% in 1994 tot by­kans 70% in 2004 ver­hoog het, het die ANC on­der Zu­ma in 2014, met 62,2% van die stem­me wat hy op hom ver­e­nig het, die swak­ste tot nog toe in ’n na­si­o­na­le ver­kie­sing ge­vaar.

■ Op Zu­ma se wag­beurt het die ANC so­wat 430 000 van sy

1,2 mil­joen le­de ver­loor.

■ Selfs die Zu­ma­la­kie­te sou ont­hou hoe ANC-le­de in die aan­loop tot ver­le­de jaar se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in hul dui­sen­de voor Lut­hu­li-huis be­toog het in die we­te dat hul­le in hul be­noem­de pos­te géén kans sou hê om ver­kies te word nie. Dié lot lê nou vir baie le­de van die pro­vin­si­a­le wet­ge­wers en selfs die par­le­ment voor.

■ Dins­dag se ge­beu­re ver­teen­woor­dig nóg ’n stroom­ver­snel­ling in die in­ter­ne po­li­tiek van die ANC. Die span­ning wat die in­ti­mi­da­sie van LP’s in die aan­loop tot Dins­dag se stem­ming sou ge­ne­reer, sal die in­ter­ne ver­de­lings ver­diep en die moont­lik­heid van ’n skeu­ring ver­hoog.

Ter­self­der­tyd kan die la­e­ok­taan­stryd tus­sen pre­si­dents­kan­di­da­te, soos dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma en adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, ver­he­wig deur­dat hul­le ge­noop word om uit hul on­der­skeie hoe­ke te kom.

Dit al­les sal die ANC nóg ska­de be­rok­ken en met el­ke dag wat Zu­ma in die U­nie­ge­bou deur­bring, kos hy die ANC stem­me.

En juis daar­in lê die i­ro­nie, want in die aan­loop tot Dins­dag se stem­ming is ANC-LP’s ver­tel dat hul eer­ste plig teen­oor die ANC is – nié teen­oor die land, sy men­se of die Grond­wet nie.

En ook teen­stry­dig met die amps­eed wat hul­le in die ein­ste Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring af­ge­lê het waar hul­le Dins­dag ge­stem het, is 198 LP’s van die ANC oor­tuig dat hul­le “in be­lang van die ANC” eer­der as in die be­lang van hul land en sy men­se moet stem.

Dis na­tuur­lik ’n drog­re­de­na­sie, want selfs al voel jy niks vir die Grond­wet en die kie­sers nie en par­ty­be­lang is vir jou die al­fa en die o­me­ga, is dit dui­de­lik dat dit nie al­leen die land is wat van Zu­ma ge­red moet word nie. Dis ook die ANC wat van Zu­ma ge­red moes word.

Tog het die par­ty Dins­dag wéér ’n kans ver­speel.

Ál wat hy ge­red het, is sy Nom­mer Een. Dis ’n man wat deu­ren­tyd net sy eie be­lan­ge op die hart dra – nie die ANC s’n nie en nog min­der die land s’n. Vir Nom­mer Een bly Nom­mer Een nom­mer een.

Dit is ’n man wie se oor­deel grond­lig­gend on­der ver­den­king is en die ge­skie­de­nis gaan har­de vrae van die ANC vra. Daar sal ge­vra word wat die ANC ge­doen het om die stroop van staats­ba­tes te stuit na­dat die eer­ste on­rus­ba­ren­de te­kens op­ge­duik het.

Vier jaar ge­le­de, toe “Air Gup­ta” dood­lui­ters op die Wa­ter­kloof-lug­mag­ba­sis neer­ge­stryk het, het G­we­de Man­tas­he reeds sy stem dik ge­maak oor die kwes­sie. Die ANC-se­kre­ta­ris-generaal het selfs die ANC-lei­ers­korps by­een­ge­roep so­dat daar kwan­suis be­sin kon word oor hoe “’n drei­gen­de ka­ping van die staat” ge­stuit kan word.

Men­se soos Man­tas­he moet hul­le van­dag af­vra wat dan se­dert­dien ge­beur het, hul bes­te voor­ne­mens ten spyt, dat die Gup­tas se greep op die staat se ma­sji­ne­rie en ba­tes on­der hul neu­se net ver­ste­wig het.

Hul­le moet vra waar­om hul­le dan geen be­heer het oor Zu­ma nie – die char­la­tan wat ar­ro­gant en vals­lik be­weer hy dien die ANC-kol­lek­tief. Hul­le moet vra hoe die drei­gen­de ka­ping van die staat nou by­na end­uit ge­voer is.

Uit­ein­de­lik sal die ANC aan hom­self moet er­ken dat sy eie lei­er hom grond­lig­gend om die bos ge­lei het.

Maar die kie­sers is nie al­mal óók om die bos ge­lei nie. Die­self­de men­se wat gis­ter stra­te toe is, gaan in 2019 stem­bus toe om die mag te­rug te vat van die staat­ska­pers.

Wil­lem Jor­daan is re­dak­teur van Die Bur­ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.