‘Hap­py hour’ in dáár­die sje­bien

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Pres. Ja­cob Zu­ma se noue ont­ko­ming Dins­dag in die par­le­ment is op so­si­a­le me­dia in am­mu­ni­sie vir ont­le­ders, grap­jas­se en leun­s­toel­kom­men­ta­tors om­ge­skep.

Die po­li­tie­ke ont­le­der Max du P­reez het op­ge­merk dat dit ná die stem­ming hap­py hour in die “Saxon­wold-sje­bien” was en dat die DA nou se­ker­lik moed skep vir die al­ge­me­ne ver­kie­sing in 2019.

Ver­skeie T­wit­ter-ge­brui­kers het ge­won­der of nóg ’n ka­bi­net­s­kom­me­ling nou bin­ne­kort kom.

An­der het op­ge­merk dat Zu­ma ’n “mag­ti­ge toor­dok­ter” moes gaan spreek het om die mosie van wantroue in sy lei­er­skap te kon oor­leef.

Nog kom­men­taar het in­ge­sluit dat die ma­sjien wat ge­bruik is om die stem­me te tel se­ker­lik ’n vi­rus het, be­spie­ge­ling oor wat die rand nou werd is en die lot van ANC-LP’s wat teen Zu­ma ge­stem het.

Max du P­reez

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.