Kom­men­ta­tors soos my ‘lo­cal’ vol be­ken­des

Beeld - - Kommentaar - An­ne­ma­rie van der Walt

Tus­sen al die voor­de­le daar­van om op die plat­te­land te bly, is daar iets wat te­kort skiet en waar­voor ek ná al die ja­re steeds on­wil­le­keu­rig in die og­gen­de wag: daar­die “plop” waar­mee die koe­rant teen die voor­deur val wan­neer dit af­ge­le­wer word.

Ek mis die reuk van druk­ker­sink met die eer­ste kop­pie og­gend­kof­fie. Dit was as­of van al­tyd maar net daar, van die og­gen­de voor skool toe eers Die Trans­va­ler en la­ter Beeld op die een toon­bank in die kom­buis ge­lê het en elk­een in die huis­hou­ding van se­we so in die ver­by­loop en tus­sen ont­byt­af­sluk vin­nig deur­blaai en op da­tum kom met die nuus.

Nou maak ek maar sog­gens die e-koe­rant oop, want ek wíl blaai. Dis ’n skra­le troos, maar ten min­ste is Die Bur­ger en Volks­blad en selfs die Ei­ke­stad­nuus of die Ka­la­ha­ri Bul­le­tin nou ook as’t wa­re op my ta­fel.

Klaar ge­blaai, loop soek ek die kom­men­ta­re. Dié is mos soos ’n on­ge­luk waar­by ’n mens nie kan ver­by­ry nie. En as jy dalk ge­dink het ons A­fri­kaan­se spul­le­tjie suk­kel soms om die stan­daard van ’n de­bat te lig, die ar­gu­ment te be­re­de­neer en nie die per­soon aan te val nie, loop lees maar van die kom­men­ta­re in die

B­rit­se, Ne­der­land­se en Duit­se koe­ran­te.

Ons is toe mooi­tjies in pas met die res, on­ge­luk­kig.

Waar­in ek my wel ver­kneu­kel, is die ge­meen­skap van kom­men­ta­tors. Dit voel al as­of ek in my lo­cal in­stap en al die be­ken­des raak­loop.

“Is jy te­rug, Ti­na?” vra een nou die dag vir Ti­na But­ler wat se­ker an­der doen­din­ge had en nie soos klok­slag haar meest­al nug­te­re stui­wer in die arm­beurs kon gooi nie. En as Kru­ger van der Mer­we, wat ek af­lei in die bui­te­land is, nie die dag wa­ter op die vu­ri­ge ge­sprek­ke gooi nie, voel ek ge­kul.

An­der hou weer daar­van om o­lie op die ein­ste vu­re te gooi. Ek bly nie al­tyd by wan­neer Matt Heyns oor gods­diens- en kerk­sa­ke keel skoon­maak nie, maar ge­woon­lik is daar ’n ie­mand soos Pie­ter MG Meis­sen­hei­mer, be­hen­dig met ’n one-li­ner, wat die koers ver­an­der.

Op Hen­nie S­choltz kan al­tyd staat­ge­maak word om die pre­sie­se woord te vind en dik­wels ie­mand op die gram­ma­ti­ka­le smal­le weg te hou. Ek wens net sy in­vloed het so ver ge­strek om die Ko­mons­kliek-pro­fie­le te re­di­geer so­dat daar­die een vrou wat nie van “ba­k­ly” hou nie ’n be­ter kans staan om een van die an­der “a­leen lo­pers” te ont­moet.

Ek het al gaan op­lees pre­sies hoe sa­ke tans staan in Ora­nia dank­sy Ben de K­lerk; en die dag as Co­bus Bo­tha iets po­si­tiefs van die heup vuur, gaan ek ju­bel. Vir JJ Lo­velock se klein­kind wens ek al­le sterk­te toe met sy/haar stu­dies by A­ka­de­mia, maar is ef­fens be­kom­merd om­dat ons so lank­laas iets ge­hoor het van Kit­ta-kom­ma-van Heer­den.

As Beeld se SMS- en brief­skry­wers in Pa­rys te­sa­me gaan uit­eet soos hul­le on­langs on­der­neem het, nooi ek op my beurt die kring van kom­men­ta­tors na my stoep­ta­fel toe . . . so­dra ek die brand­blus­sers laat diens het.

‘‘

Die kom­men­ta­re is mos soos ’n on­ge­luk waar­by ’n mens nie kan ver­by­ry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.