Nou moet die ANC sélf teen Zu­ma op­tree

Beeld - - Kommentaar -

Dit was ’n de­bat oor ’n mosie van wantroue in die pre­si­dent. Maar des­on­danks dat 198 LP’s die ANC-be­ve­le ge­hoor­saam het en téén die mosie van wantroue in Nom­mer Een ge­stem het, het nie ’n en­ke­le spre­ker in Dins­dag se de­bat dui­de­lik ten guns­te van die pre­si­dent na vo­re ge­tree nie.

Daar was we­lis­waar sie­den­de aan­val­le op die op­po­si­sie en die i­dee van ’n mosie van wantroue.

Daar was be­skul­di­gings dat so ’n mosie in we­se on­de­mo­kra­ties is en sou neer­kom op “re­gi­me­ver­an­de­ring”.

Daar is ge­re­de­neer dat dit self ’n vorm van staat­skaping is – of er­ger nog, ’n staats­greep.

Daar was na­tuur­lik ook die ge­bruik­li­ke be­skul­di­gings dat op­po­si­sie­le­de die he­den­daag­se ver­ge­stal­ting van a­part­heid is. Hoe voor­spel­baar. Maar wat was daar nie?

Daar was nie ’n en­ke­le re­de­na­sie oor wat pres. Ja­cob Zu­ma al vir Suid-A­fri­ka ge­doen het nie. Geen toe­spraak oor pro­jek­te wat hy be­gin het waar­son­der Suid-A­fri­ka ar­mer sou wees nie. In ’n wan­trou­e­de­bat was daar nie ’n en­ke­le re­de­na­sie oor waar­om hy ons ver­troue waar­dig is nie.

Dit spreek op sig­self boek­de­le, maar die ANC be­hoort te be­sef dat die wy­se waar­op sy LP’s die de­bat Dins­dag ge­voer het die bal wéér in die re­ge­ren­de par­ty se baan plaas. Want as die par­ty hom­self dan nou nie so­ver kon kry om te stem ten guns­te van ’n mosie wat die op­po­si­sie ter ta­fel ge­lê het nie – en hom­self ook nie so­ver kon kry om ver­troue in Zu­ma se lei­er­skap uit te spreek nie – is die o­nus op hom om sélf teen Zu­ma op te tree.

As dit dan hei­ligs­ken­nis sou wees om te stem vir ’n mosie van die op­po­si­sie, her­roep dan sélf die pre­si­dent soos wat met T­ha­bo M­be­ki ge­doen is. Of staan ten min­ste net op­sy dat die reg sy gang teen Zu­ma kan gaan.

Iro­nies ge­noeg is dit juis Zu­ma se eie woor­de self wat die pad vo­ren­toe aan­dui.

Dié aan­ha­ling kom uit sy ver­dui­de­li­king in Sep­tem­ber 2008 van waar­om M­be­ki as pre­si­dent van die land her­roep word: “As re­ge­ren­de par­ty is dit ons plig om die ver­troue van die men­se in die ANC en die re­ge­ring in stand te hou. As vlak­ke van ver­troue eers ver­swak het, het die ANC geen an­der keu­se as om op te tree nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.