Moet ons nie aan oor­log her­in­ner

Beeld - - Kommentaar -

Erg ge­won­de sol­daat, Cen­tu­ri­on

Le­o­pold S­choltz se boek Ra­tels aan die Lom­ba het be­trek­king.

Ek was nie by die ge­veg aan die Lom­ba be­trok­ke nie, maar wel as ’n in­fan­te­ris (’n voet­sol­daat – geen fên­sie Ra­tels nie) deel van 61 Meg-ba­tal­jon se aan­slag van De­sem­ber 1983 tot Ja­nu­a­rie 1984 op Ca­ha­ma en uit­ein­de­lik Cu­velai in Ops A­ska­ri.

Ons het nie net een ver­lies ge­had nie, maar 25, en om jou “broers” so aan flar­de ge­skiet te sien lê, is ge­noeg om die sterk­stes van die ster­kes e­mo­si­o­neel en gees­te­lik te knak of breek. Om dan nie eens te praat van die meer as 400 dooi­es van die vy­and nie. Ek is al 25 jaar lank op me­di­ka­sie vir pos­t­trau­ma­tie­se stres­sin- droom (PTSD).

As dit ook nie vir Ops A­ska­ri was nie, was “Lom­ba” nie ’n suk­ses nie aan­ge­sien ons on­ge­veer ’n drie­kwart van Fap­la en S­wa­po se ar­til­le­rie met die Slag van Cu­velai ver­nie­tig het.

Ja, ons her­denk die Slag van Cu­velai so nou en dan ter na­ge­dag­te­nis aan ons suk­ses so­wel as ons ge­val­le ka­me­ra­de. Dis dus sin­ne­loos om man­ne wat ge­skend is deur oor­log­voe­ring kort­kort in el­le­lan­ge ar­ti­kels oor boe­ke daar­oor daar­aan te her­in­ner.

As ie­mand dus weer ’n nu­we boek skryf oor die G­rens­oor­log, ont­hou en dink aan dié wat ge­skaad is daar­deur. Daar is nie so iets soos ’n sol­daat wat nie ge­wond is nie.

S­choltz se boek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.