Pre­si­dent is geen zom­bie nie

Beeld - - Kommentaar -

I­zak S­mal­man, Bail­lie­park

Nou­dat Ja­cob Zu­ma die so­veel­ste mosie van wantroue oor­leef het, lyk dit am­per as­of hy sy pos ver­loor het, as ek die kom­men­ta­tors se re­de­na­sies ont­leed. Ek lees dat Zu­ma nou ’n zom­bie is, dat hy nood­lot­tig ge­wond is en dat die ANC Zu­ma nie ver­de­dig het nie. Na­tuur­lik het die ANC, en ek glo slegs die ANC, vir Zu­ma ver­de­dig. Hoe an­ders kon hy oor­leef het?

Dis ’n ou ge­seg­de dat die tel­bord en die sy­fers nie lieg nie. Ons moet maar er­ken dat hier­die oor­win­ning van Zu­ma en die ANC ver­rei­ken­de ge­vol­ge gaan hê.

Dit is ’n hup­stoot vir Zu­ma se oog­ap­pel om as pre­si­dent van die ANC oor te neem. Daar­by ver­hoog dit die self­ver­troue in die ANC met die oog op 2019 se ver­kie­sing. Ter­wyl ons gal af­gaan oor Zu­ma, gaan hy rus­tig voort en stel hy sy ver­trou­e­lin­ge (meest­al vroue) aan om hom in sy mags­ba­sis te om­ring.

Hoe­wel die stem­ming in die ge­heim was, voor­spel ek nou reeds dat Zu­ma die ANC-LP’s wat teen hom ge­stem het, gaan uit­haal. Dit word al­tyd op die een of an­der ma­nier uit­ge­vind.

As ek die uit­slag van die stem­ming in o­ën­skou neem, is een ding vir my baie dui­de­lik: Die ANC was nog nooit erns­tig daar­oor om kor­rup­sie en staat­skaping te be­veg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.