Man­li­ke sek­su­a­li­teit be­lig in uit­da­gen­de stuk

‘Vir.An­der’ gee ’n vuis­hou

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man Vir.An­der be­gin 30 Au­gus­tus in die S­taats­te­a­ter in P­re­to­ria.

E­ni­ge mens met ’n hart sal hier ’n vuis­hou in die ge­sig kry.

So be­skryf Jan­nes Eras­mus, die re­gis­seur, ver­vaar­di­ger en skry­wer, die to­neel­stuk Vir.An­der.

Die stuk wen­tel om ’n so­ge­naam­de be­ke­rings­kamp waar seuns in mans ver­an­der en be­lig kwes­sies rond­om man­lik­heid, sek­su­a­li­teit en ho­mo­sek­su­a­li­teit as keu­se.

Dit fo­kus ver­al op die ei­se wat aan ’n jong A­fri­kaan­se seun ge­stel word en beeld die druk van fa­mi­lie­ver­plig­tin­ge en die juk van tra­di­sies uit.

Dit word van 30 Au­gus­tus tot 24 Sep­tem­ber in die A­re­na-te­a­ter in die S­taats­te­a­ter in P­re­to­ria op­ge­voer.

Eras­mus, wie se pro­duk­sie As van­jaar by die Na­le­di-te­a­ter­pry­se be­kroon is as bes­te grens­ver­skui­wen­de werk, glo nie ho­mo­sek­su­a­li­teit is ’n keu­se nie, maar dat ’n mens so ge­bo­re word.

“Mis­kien sal dit men­se met voor­op­ge­stel­de i­dees help om hul mening oor die on­der­werp te ver­an­der. Baie van die men­se wat die re­pe­ti­sies by­ge­woon het, of hul­le gay is of nie, het vrees­lik e­mo­si­o­neel ge­word. Ek glo in gen­ui­ne si­tu­a­sies.”

Eras­mus wil met Vir.An­der ’n stem gee aan men­se wat suk­kel om die no­di­ge te sê oor gayk­wes­sies, “son­der om te preek”.

“Dit is vir al­mal wat al ge­boe­lie of be­le­dig is om­dat hul­le as ’n bie­tjie an­ders be­skou word en dan in ’n bok­sie ge­plaas word.”

Eras­mus wil nie­mand af­skrik nie. “As jy dap­per is, kom kyk na die ver­to­ning. E­nig­een be­hoort met dié stuk te kan i­den­ti­fi­seer.”

Elk­een van die agt ak­teurs in die stuk moet ’n an­der as­pek oor gay-wees uit­beeld. Die ver­skil­len­de sto­rie­ly­ne en ka­rak­ters is juis om die pro­duk­sie di­vers te maak. So suk­kel een van die ka­rak­ters met aan­vaar­ding, ter­wyl ’n an­der deur sy pa ge­slaan word.

Die s­pe­lers is Jo­han Bai­rd, Fer­di­nand Ger­nandt, Ru­an Wes­sels, Chris­to­pher van der West­hui­zen, Mor­né Vo­gel, Lud­wik van Wyk, Zi­jn-Ru­dolph van Zyl en Di­van Laing.

Vir.An­der het ’n ou­der­doms­perk van 16. Die pro­duk­sie, met Z­ö­ric­ke Sny­man as as­sis­tent­re­gis­seur, is ge­grond op wa­re ge­beu­re.

■ Ver­to­nings is Dins­dae tot Sa­ter­dae om 20:00 en Son­dae om 15:00. Kaar­tjies kos R120. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Fo­to: BAR­RY SWART

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.