Bu­nu kry men­se in reg­te luim vir No­ah

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Die ko­me­di­ant K­ha­nyi­sa Bu­nu was snaaks lank voor­dat sy be­sef het sy kan daar­voor be­taal word. Én sy het er­ge ver­hoog­vrees ge­had.

Sy het dié vrees dui­de­lik oor­kom, want die vol­gen­de aan­tal we­ke gaan sy op ve­le ver­hoë aan die uit­hoe­ke van die land die men­se in die reg­te luim kry vir die ko­me­di­ant T­re­vor No­ah.

Hy het haar ge­kies om in die voor­pro­gram van sy Suid-A­fri­kaan­se ko­me­die­toer, T­he­re’s a Gup­ta on My Stoep, op te tree.

Die pad na die ver­hoog was eg­ter nie mak­lik vir haar nie.

“Om eer­lik te wees, my vrien­de het my oor­reed om ’n loop­baan in ko­me­die te volg toe ek nog nie eens die moed ge­had het om op daar­die ver­hoog te staan nie,” sê Bu­nu. “En nou vermaak ek men­se. Dis iets waar­van ek baie hou én ek word daar­voor be­taal.”

Bu­nu het be­kend­heid ver­werf met haar deel­na­me aan SABC 1 se werk­lik­heids­reeks So You T­hink You Are Fun­ny? Sy het die top­ses ge­haal en só het haar loop­baan as ko­me­di­ant na ’n ho­ër rat oor­ge­ska­kel.

Daar­na was sy op tal­le ko­me­die­ver­hoë en sy was in 2015 die eer­ste vrou­e­ko­me­di­ant wat die Au­dien­ce C­hoi­ce-ko­me­die­prys op Sa­van­na se Co­mic’s C­hoi­ce ge­wen het.

“Ek be­skou my­self as ’n kuns­te­naar,” sê Bu­nu, “maar my droom is om werk vir te­le­vi­sie en die groot­skerm te kan ver­vaar­dig en die re­gie daar­van te doen.

“Ek wil graag die die mees ge­sog­te vrou­e­kuns­te­naar in A­fri­ka wees, maar my reis het nou eers be­gin.”

Soos dit ’n ko­me­di­ant be­taam, sien sy mak­lik hu­mor in e­ni­ge si­tu­a­sie raak.

“Ek lag vir baie din­ge in die le­we, maar ek lag die mees­te

‘‘

Nou vermaak ek men­se. Dis iets waar­van ek baie hou én ek word daar­voor be­taal.

vir my­self. En as ek die dag iets doms aan­vang, wil ek hê die wê­reld moet dit weet.”

Sy was al te sien in Kings & Qu­eens of Co­me­dy, Blacks On­ly en die Co­me­dy Cen­tral Ro­ast Batt­le in 2016.

Sy het al in Botswa­na, Ni­ge­rië, S­wa­zi­land en die G­reen­wich Vil­la­ge-ko­me­die­klub in New York, A­me­ri­ka, op­ge­tree.

As ak­tri­se is sy on­der meer in die se­pie S­can­dal te sien.

Sy het ook al ’n X­ho­sa-ro­man, Um­bho­da­mo, ge­skryf wat in 2013 by Mas­kew Miller ver­skyn het. Dié boek is tans ’n voor­ge­skre­we boek vir gr. 8- en gr. 9-leer­lin­ge in die Oos-Kaap, die pro­vin­sie waar Bu­nu ook voor­heen ’n En­gels- en aard­ryks­kun­de­on­der­wy­ser was.

Bu­nu se toer­da­tums:

Op 10 en 11 Au­gus­tus o­pen sy vir T­re­vor No­ah se T­he­re’s a Gup­ta on My Stoep in The Do­me, Rand­burg. 12 Au­gus­tus: TIPS & F­riends by die S­taats­te­a­ter, P­re­to­ria

13 Au­gus­tus: O­pen vir No­ah in die Dur­ban ICC

17 Au­gus­tus: Rus­ten­burg

18 Au­gus­tus: Ts­he­gi­sa Mo­sa­di Co­me­dy S­how in die M­ma­batho Palms 25 Au­gus­tus: Neem deel aan die Del­phic Coun­cil of SA Co­me­dy C­ham­pi­ons­hips

26 Au­gus­tus: Car­ni­val Ci­ty aan die Oos­Rand.

31 Au­gus­tus: Ma­bo­neng, Jo­han­nes­burg.

1 Sep­tem­ber: Da­vey­ton 16 Sep­tem­ber: U­ni­sa, P­re­to­ria 29 Sep­tem­ber: Jo­han­nes­burg

K­ha­nyi­sa Bu­nu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.