‘Kor­rel­tjie kan­tel’ gaan die noor­de weer be­to­wer

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Lu­na Pai­ge se mu­siek­pro­duk­sie Kor­rel­tjie kan­tel, wat die lief­des­ver­hou­ding tus­sen An­dré P. B­rink en Ing­rid Jon­ker be­lig, word op 11 Au­gus­tus in die Stoep in Nel­spruit en op 12 Au­gus­tus in die Cen­tu­ri­on­te­a­ter op­ge­voer.

Pai­ge, Nick Tur­ner en Ja­mie Ju­pi­ter is tans be­sig met ’n land­wye toer van hier­die ge­wil­de pro­duk­sie.

In Kor­rel­tjie kan­tel, ’n op­drag vir die jaar­lik­se RSG-kuns­te­fees, word die krag­te van Pa­ge, Ju­pi­ter en Tur­ner saam­ge­snoer om Jon­ker se ge­dig­te te in­ter­pre­teer en te toon­set. Pai­ge het “Dub­bel­spel”, “O die half­maan”,”Ju­we­le van jou oë” en “Tu­la tu­la” ge­kies.

Die toon­set­tings word ver­weef met dra­ma­tie­se en mu­si­ka­le in­ter­pre­ta­sies van die lief­des­brie­we wat B­rink en Jon­ker ge­wis­sel het, soos ge­pu­bli­seer in die brie­we­bun­del Vlam in die sneeu (2015). ’n Roe­ren­de en in­tie­me weer­ga­we van ver­lan­ge, ver­bo­de vrug­te, ver­nie­ti­ging en die vrees­lo­se ver­ruk­king van die lief­de.

Die lief­des­ver­hou­ding tus­sen die t­wee skry­wers uit die 60’s is ook op al­bum uit­ge­reik.

Kor­rel­tjie kan­tel se toer­pro­gram:

Stoep in Nel­spruit op 11 Au­gus­tus om 20:15. Kaar­tjies kos R100.

S­ka­kel 013 741 2551 of

076 476 5035 om te be­spreek.

Cen­tu­ri­on-te­a­ter, Lyt­tel­ton Ma­nor, Gau­teng, op 12 Au­gus­tus om 20:00. Kaar­tjies kos R130.

Kaar­tjies is by tix­sa.co.za op die te­a­ter se web­werf of s­ka­kel 012 664 8710 of 072 245 4390.

Fo­to: JA­C­QUES ENSINCK

Ja­mie Ju­pi­ter, Lu­na Pai­ge en Nick Tur­ner toer in Au­gus­tus met die mu­siek­pro­duk­sie Kor­rel­tjie kan­tel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.