Pry­se vir Kaap­se hui­se on­der wê­reld se top­10

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die pry­se van luuk­se ei­en­dom­me in Kaap­stad het in die jaar tot ein­de Ju­nie die ne­gen­de vin­nig­ste groei ter wê­reld ge­toon.

Die in­ter­na­si­o­na­le ei­en­doms­kon­sul­tant K­nig­ht Frank se ver­slag vir die twee­de kwar­taal toon dat die pry­se van Kaap­stad se luuk­se ei­en­dom­me met 9% ge­styg het.

Die groei is wel aan­sien­lik la­er as die 16% in die­self­de tyd ver­le­de jaar. Dit het mee­ge­bring dat die stad van der­de plek in die­self­de kwar­taal ver­le­de jaar tot ne­gen­de plek van­jaar op die lys ge­sak het.

Ka­te E­ver­ett-Al­len, na­vor­ser van K­nig­ht Frank, sê die in­deks word saam­ge­stel op grond van die prys­be­we­gings van luuk­se wo­nings in 41 ste­de wê­reld­wyd.

Die in­deks het met 4,4% in die jaar tot ein­de Ju­nie ge­styg.

Vol­gens haar word dit saam­ge­stel uit die 5% duur­ste ei­en­dom in die ste­de. Dit is dik­wels ei­en­dom wat baie in­ter­na­si­o­na­le ko­pers het.

E­ver­ett-Al­len sê die prys­groei van die duur­ste ei­en­dom in Kaap­stad het die af­ge­lo­pe jaar ver­lang­saam en daar­om het die stad nou ’n la­er plek op die rang­lys.

Sy skryf die la­er plek ook toe aan groot ste­de in C­hi­na, die Ka­na­de­se stad Toron­to en Eu­ro­pe­se ste­de, soos Ma­drid en Ber­lyn, waar ei­en­doms­pry­se die af­ge­lo­pe jaar vin­ni­ger ge­styg het.

Die stad waar luuk­se ei­en­dom­me die vin­nig­ste groei ge­toon het, is Gu­ang­z­hou in C­hi­na. Hier het die ei­en­doms­pry­se met 35,6% in die jaar tot ein­de Ju­nie ge­styg.

Eu­ro­pe­se ste­de, soos Ma­drid, Ber­lyn en Pa­rys, het die af­ge­lo­pe jaar on­der die top­tien ge­ëin­dig.

Die groot­ste da­ling in pry­se was in Mo­s­kou, waar luuk­se ei­en­dom­me se pry­se in ver­ge­ly­king met ’n jaar ge­le­de met by­na 12% ge­daal het.

Pry­se in Lon­den het met 6% ge­daal.

E­ver­ett-Al­len sê die ver­lang­sa­ming in Kaap­se su­per­duur ei­en­dom se pry­se het in die der­de kwar­taal ver­le­de jaar be­gin. Dit het el­ke kwar­taal la­er groei ge­toon. Die twee­de kwar­taal se jaar­lik­se groei is wel weer vin­ni­ger as die eer­ste kwar­taal. Of dit ’n ten­dens is, sal net die tyd leer.

Dié huis in C­lif­ton, Kaap­stad, het ver­le­de jaar R90 mil­joen op ’n vei­ling ge­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.