Die e­ko­no­mie: Wat nou?

‘Op­draand stryd wag; in­fla­sie kan daal’

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen

Maak vas die e­ko­no­mie­se sit­plek­gor­dels, want die po­li­tie­ke wip­wa­rit gaan tot in De­sem­ber net ver­er­ger.

So het die mees­te e­ko­no­mie­se ont­le­ders gis­ter ge­re­a­geer na­dat die jong­ste mosie van wantroue in pres. Ja­cob Zu­ma in die par­le­ment skip­breuk ge­ly het.

Ver­skeie ANC-LP’s het teen Zu­ma ge­stem en ont­le­ders meen die fak­sie­ge­veg­te en be­leids­on­se­ker­heid in die par­ty sal toe­neem in die aan­loop tot die ANC­lei­ers­ver­kie­sing in De­sem­ber. Dit kan die rand en die e­ko­no­mie se her­stel on­der­myn.

Die rand het gis­ter­mid­dag in oor­se­se ver­han­de­ling reeds met 2% tot R13,51 ver­swak.

“Die kans is skraal dat die po­li­tie­ke en be­leid­se­ker­heid wat die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie be­no­dig, ge­skep sal word in ’n tyd­perk waar­in be­leid­ma­kers meer be­hep is met plaas­li­ke po­li­tiek as om die e­ko­no­mie­se skip te stuur,” sê prof. Ray­mond Par­sons van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se sa­ke­skool.

Hy meen po­li­tie­ke fak­sies in die re­ge­ren­de par­ty sal aan­hou woel tot die ANC se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber.

Die uit­slag van die stem­ming het Zu­ma se mags­po­si­sie in die aan­loop tot dié kon­fe­ren­sie ver­sterk, sê Pe­ter At­tard Mon­tal­to, hoof­e­ko­noom vir ont­lui­ken­de mark­te by Nomu­ra.

“Hy het die eer­ste prys (die mees­te stem­me) in die moei­lik­ste om­stan­dig­he­de (’n ge­hei­me stem­ming) ge­wen. Dit ver­ste­wig sy mags­po­si­sie ef­fens en ver­sterk die be­leids­rig­ting wat hy in­slaan.”

Die stem­ming ver­swak die ANC wel op lang ter­myn om­dat die par­ty hom so dui­de­lik ag­ter die pre­si­dent skaar, sê hy. “Hoe­wel ons steeds nie dink dis dui­de­lik dat die ANC die ver­kie­sing in 2019 sal ver­loor nie, het die moont­lik­heid van die par­ty se suk­ses ver­der ver­min­der.”

Hy sê die mees­te mark­kor­rek­sies het ná die stemuit­slag ge­kom, maar die mark­te sal in die ko­men­de dae ver­swak “na­ma­te die ne­ga­tie­we sta­tus quo weer na vo­re kom”.

Po­li­tie­ke on­se­ker­heid is die kern­saak waar­oor kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe van­jaar be­kom­merd was en dit het ’n im­pak op sa­ke­ver­troue ge­had, sê die Old Mu­tu­al In­ves­t­ment Group (OMIG) se e­ko­noom Tinyi­ko Ng­we­nya.

“Ter­wyl an­der ont­lui­ken­de mark­te ’n lo­pie ge­had het dank­sy die wê­reld­e­ko­no­mie wat be­gin her­stel, is Suid-A­fri­ka te­rug­ge­hou deur die plaas­li­ke po­li­tie­ke woe­lin­ge.”

Hoe­wel die plaas­li­ke e­ko­no­mie ’n op­draand stryd het om te groei, is die ver­wag­tin­ge oor in­fla­sie ge­tem­per en Ng­we­nya voor­spel dat dit teen ein­de van­jaar tot 4,7% sal daal.

Par­sons stem saam dat in­fla­sie­voor­uit­sig­te laag bly vir die res van die jaar.

“Hoe­wel die e­ko­no­mie waar­skyn­lik van die (teg­nie­se) re­ses­sie van­jaar sal her­stel, is dit on­waar­skyn­lik dat die groei­koers vir 2017 in ge­heel meer as 0,5% sal wees.” Die koers kan vol­gen­de jaar tot 1,1% styg.

Die sa­ke­sek­tor bly be­kom­merd oor die e­ko­no­mie­se im­pak van die po­li­tie­ke on­se­ker­heid, sê Ta­nya Co­hen, uit­voe­ren­de hoof van die sa­ke­or­ga­ni­sa­sie Be­sig­heids­een­heid Suid-A­fri­ka (Bu­sa).

“Po­li­tie­ke on­se­ker­heid ver­er­ger die uit­da­gings wat ons in die ge­sig staar: die e­ko­no­mie is in re­ses­sie, dui­sen­de werk­ge­leent­he­de in ver­skeie sek­to­re gaan ver­lo­re, daar is ’n aan­sien­li­ke toe­na­me in kor­rup­sie en wan­ad­mi­nis­tra­sie en die on­lang­se kre­die­taf­gra­de­rings se waar­sku­wings­klok­ke lui hard.”

Sterk e­ko­no­mie­se en po­li­tie­ke dwars­win­de waai tans oor die land, sê Par­sons. “Be­leids­on­se­ker­heid is nou die ‘nu­we nor­maal’ vir Suid-A­fri­ka en sa­ke­stra­te­gie moet daar­vol­gens aan­ge­pas word.”

Ta­nya Co­hen

Prof. Ray­mond Par­sons

Pe­ter At­tard Mon­tal­to

Tinyi­ko Ng­we­nya

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.