Rand ver­swak

Beeld - - Sake - – Nel­lie Brand­Jon­ker

Die rand het gis­ter­mid­dag in oor­se­se ver­han­de­ling tot bo R13,50 teen­oor die dol­lar ver­swak na­dat pres. Ja­cob Zu­ma die mosie van wantroue in hom oor­leef het en kom­mer oor die span­ning tus­sen die VSA en Noor­dKo­rea toe­ge­neem het.

Die rand was net voor 16:00 14c swak­ker op R13,51. Dit is die swak­ste vlak die af­ge­lo­pe maand.

Die rand het Dins­dag ná die nuus dat Zu­ma die mosie van wantroue oor­leef het op R13,37 ge­sluit, ook meer as 10c swak­ker as Maan­dag se slui­ting van R13,23.

Dit was na­dat die rand Maan­dag in die loop van die dag aan­sien­lik ver­sterk het na­dat Ba­le­ka M­be­te, spea­ker, ge­sê het die stem­ming vir die mosie van wantroue sal in die ge­heim plaas­vind.

P­hoe­nix Ka­len, stra­teeg by So­cie­te Ge­ne­ra­le, het aan Reuters ge­sê die rand is nou weer op die­self­de vlak as voor M­be­te se aan­kon­di­ging oor die ge­hei­me stem­ming.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.