Sa­ke­ver­troue ver­be­ter, maar bly steeds laag

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Sa­ke­ver­troue het in Ju­lie ver­der kop op­ge­tel, maar dit is steeds be­trek­lik laag en bly sen­si­tief vir on­se­ke­re po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se be­leid­stand­pun­te.

Die in­deks het met 0,4 pun­te van 94,9 in Ju­nie tot 95,3 pun­te ge­styg, vol­gens die Suid-A­fri­kaan­se Ka­mer van Koop­han­del en Ny­wer­heid (SAKKN). Hoe­wel dit die bes­te vlak is se­dert Fe­bru­a­rie 2017, is dit steeds 0,7 pun­te la­er as in die­self­de maand ’n jaar ge­le­de.

Se­ker­heid oor “werk­ba­re e­ko­no­mie­se be­na­de­rings” kan tot ’n ver­be­te­ring in sa­ke­ver­troue by­dra, sê die SAKKN.

Die SAKKN sê “on­deur­dag­te uit­spra­ke deur po­li­ti­ci oor be­leid­stand­pun­te” het ’n na­de­li­ge in­vloed op be­leg­ger­sen sa­ke­ver­troue.

“Hier­die uit­spra­ke, hoe­wel dit dalk ge­wild is, on­der­steun nie ’n le­wen­di­ge en wel­va­ren­de e­ko­no­mie nie,” sê die SAKKN in ’n ver­kla­ring.

“Dit skep ver­wag­tin­ge waar­aan ’n suk­ke­len­de e­ko­no­mie nie sal kan vol­doen nie.”

Die SAKKN sê die fo­kus moet wees om die re­ses­sie te oor­brug en te let op die be­kom­mer­nis­se van die kre­diet­gra­deer­ders.

Die e­ko­no­mie het in 2016 met net 0,3% ge­groei en in die laas­te kwar­taal van 2016 en die eer­ste kwar­taal van 2017 op ’n kwar­taal­grond­slag ge­krimp, wat die land in ’n teg­nie­se re­ses­sie plaas.

Daar is eg­ter aan­dui­dings dat e­ko­no­mie­se groei in die twee­de kwar­taal po­si­tief kan wees, vol­gens die SAKKN.

“Dalk kan die sta­bie­ler sa­ke­ver­troue help om be­leg­gers­ver­troue in Suid-A­fri­ka te in­spi­reer – plaas­lik en oor­see.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.