On­be­ken­de ter­rein wag op SA span­ne

S­pe­lers sal baat vind daar­by

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die Pro14-reeks sal kwaai uit­da­gings aan die s­pe­lers van die Sout­hern Kings en die C­hee­tahs stel, maar hy glo dit sal ook van hul­le be­ter s­pe­lers maak, sê Allister Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter .

“Men­se is al­tyd skep­ties oor ver­an­de­ring, maar ek dink daar kan goeie din­ge uit ons span­ne se deel­na­me aan die Pro14 kom,” het Coet­zee by die Bok­ke se oe­fen­kamp ge­sê.

“Ek dink die reeks sal s­pe­lers se vaar­dig­he­de help ver­be­ter en hul­le ook help om aan ver­skil­len­de uit­da­gings ge­woond te raak.”

Coet­zee sê dit sal nie mak­lik wees om t­wee we­ke in die so­mer, dan t­wee we­ke in die win­ter en dan weer t­wee we­ke in die so­mer te speel nie.

“En hul­le gaan op nat en droë vel­de speel, so die s­pe­lers sal baie aan­pas­baar moet wees,” sê hy.

“Ons s­pe­lers sal met s­pe­lers te doen kry wat an­ders dink oor die spel en die spel an­ders speel.”

Coet­zee waar­sku dat die­self­de vir die skeids­reg­ters geld wat in die wed­stry­de blaas.

“Ons is ge­woond aan hoe skeids­reg­ters in die Sui­de­li­ke Half­rond blaas, nou sal ons aan skeids­reg­ters in die Noor­de­li­ke Half­rond ge­woond moet raak.”

Vol­gens Coet­zee sal selfs klein din­ge, soos die rit na die sta­di­on, iets an­ders wees.

“Die Kings is daar­aan ge­woond om bin­ne tien mi­nu­te na die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on te ry, nou is dit ’n heel an­der sto­rie in die Noor­de­li­ke Half­rond se ste­de.

“Daar sal be­slis lo­gis­tie­ke kwes­sies wees wat han­teer sal moet word,” sê hy.

“Dit al­les maak deel uit van ’n spe­ler se per­soon­li­ke ont­wik­ke­ling, van hoe hy groei as hy uit sy ge­mak­so­ne ge­haal word.”

As s­pe­lers van die C­hee­tahs en die Kings vo­ren­toe vir die S­pring­bok­ke ge­kies sou word, ver­wag Coet­zee ook aan­pas­sings.

Wan­neer die Su­per-reeks klaar­maak, be­gin die Pro14reeks.

“Dit sal ’n toets wees hoe ons dan sul­ke s­pe­lers be­stuur,” sê hy.

Dis al­les uit­da­gings wat op ’n po­si­tie­we wy­se aan­ge­pak moet word, sê die Bok-brei­er.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­pe­lers soos die Kings se An­di­sa Nt­si­la, wat hier teen die Haaie in ak­sie was, se spel kan ver­be­ter as hul­le in die Pro14­reeks speel, sê Allister Coet­zee, S­pring­bok­af­rig­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.