Vry­staat se oor­win­ning teen ’n prys

Beeld - - Sport - O­wen Kock Niell Jor­daan druk in sy eer­ste wed­stryd as kap­tein van die Vry­staat­C­hee­tahs ’n drie.

Die Vry­staat-C­hee­tahs se se­ge oor die Pu­mas gis­ter in Nel­spruit, hul der­de se­ge ag­ter­een­vol­gens in die Cur­rie­be­ker-reeks, het dalk teen ’n prys ge­kom. Hul­le sal van­dag hoor hoe erns­tig die be­se­ring aan hul los­ska­kel, Niel Marais, is.

Hy het sy skou­er in die 22ste mi­nuut in hul se­ge met 45-34 in die M­bom­be­la­sta­di­on ont­wrig.

Met F­red Zei­lin­ga wat nog her­stel van ’n heu­po­pe­ra­sie sal die af­rig­ting­span met reg op he­te ko­le oor Marais wees.

Mal­colm Ja­er is op­ge­stuur en het t­wee drieë as heel­ag­ter ge­druk na­dat Clay­ton Blom­me­tjies los­ska­kel gaan speel het.

Die Vry­staat het die eer­ste helf­te to­taal oor­heers en het met rus­tyd met 38-10 voor­ge­loop, maar moes in die twee­de helf­te ’n be­gees­ter­de te­rug­veg­po­ging van die tuis­span af­weer.

Die Vry­staat­se skrum­ska­kel, S­haun Ven­ter, wat sy loop­baan by die Pu­mas be­gin het, was op sy stuk­ke en is Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

Met die tuis­span se reg­ter­vleu­el Je­ro­me P­re­to­ri­us in die koel­kas, het die Vry­staat drie keer ge­druk.

Die Pu­mas het vir die groot­ste deel van die eer­ste helf­te ver­de­dig en is ’n mi­nuut voor rus­tyd met ’n drie be­loon. Die oud-Bloem­fon­tei­ner Ru­wel­lyn Is­bell het gaan af­rond.

Die Vry­staat moes eg­ter in die twee­de helf­te kwaai wal­gooi toe die Pu­mas ver­be­te te­rug­ge­veg het.

Die Pu­mas se plaas­ver­van­ger-flank, Chris Cloe­te, het die laas­te half­uur ’n be­sie­len­de ver­to­ning ge­le­wer en dit het in ’n sta­di­um ge­lyk of die Pu­mas vir ’n op­skud­ding gaan sorg.

Die s­tut K­we­zi Mo­na het t­wee keer gaan druk en met tien mi­nu­te oor het die plaas­ver­van­ger-ha­ker, Frank Her­ne, die Pu­mas se bo­nus­punt­drie ge­druk. Kort daar­na het P­re­to­ri­us oor­ge­gaan vir die tuis­span se vyf­de drie.

Die Vry­staat-flank Niell Jor­daan het sy eer­ste wed­stryd as kap­tein met ’n drie ge­vier.

Die vlug­voe­ti­ge Ro­sko S­pe­cman is goed op­ge­pas en is nie veel be­weeg­ruim­te ge­gun nie.

■ Vry­staat­C­hee­tahs 45 (38):

Drieë: Re­niel Hugo, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Rayno Ben­ja­min, Ja­c­ques du Toit, Mal­colm Ja­er (2), Niell Jor­daan. Doel­skop

pe: Niel Marais (3), Clay­ton Blom­me­tjies (2). Pu­mas 34 (10): Drieë: Ru­wel­lyn Is­bell, K­we­zi Mo­na (2), Frank Her­ne, Je­ro­me P­re­to­ri­us. Doel­skop­pe: Jus­tin van S­ta­den (3). Straf­doel: Van S­ta­den.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.