B­lits­bok­ke het Tuks se Im­pi in hul vi­sier vir op­warm­toer­nooie

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Im­pi Vis­ser, vin­ding­ry­ke sen­ter van die se­ë­vie­ren­de Tuks-rug­by­span, is een van t­wee nu­we­lin­ge wat van­jaar ’n groot rol kan speel in die B­lits­bok­ke se veld­tog in se­wes­rug­by se Wê­reld­reeks.

Vis­ser, wat ’n lid was van Tuks se span wat die Var­si­ty­be­ker-reeks van­jaar ge­wen het, gaan in ver­skeie op­warm­toer­nooie die kans ge­gun word om sy plek in die B­lits­bok­span oop te speel.

Neil Po­well, B­lits­bok­af­rig­ter, het be­ves­tig dat Vis­ser en die Haaie se M­fun­do M­vund­lo s­pe­lers is wat hy graag in op­warm­toer­nooie in Sep­tem­ber en Ok­to­ber in ak­sie wil sien.

Die B­lit­se maak hul reg om in Duits­land aan die Ok­to­ber­fest-toer­nooi (29 en 30 Sep­tem­ber), die geld­ry­ke Kam­pi­oen van Kam­pi­oe­ne-toer­nooi in S­jan­ghai (da­tum nog on­be­kend) en die As­su­pol-toer­nooi in S­tel­len­bosch (28 en 29 Ok­to­ber) deel te neem.

Al drie toer­nooie sal goeie voor­be­rei­ding wees voor die be­gin van die sei­soen la­ter van­jaar.

Die pro­mo­tors van die S­jan­ghai-toer­nooi wil die voor­ste agt span­ne in die af­ge­lo­pe Wê­reld­reeks nooi om in dié C­hi­ne­se stad te kom speel.

Die be­stuur van die B­lits­bok­ke be­sluit ook nog of hy in No­vem­ber ’n span na Na­mi­bië sal stuur om aan die Saf­land-se­westoer­nooi deel te neem. Daar word ook na deel­na­me aan ’n toer­nooi in Lim­po­po ge­kyk.

Of­skoon hy ver­skeie jon­ge­lin­ge en nu­we­lin­ge in die B­lits­bo­k­a­ka­de­mie wil toets, hoop Po­well ook om ’n he­le paar staat­ma­kers van sy tri­om­fant­li­ke span van­jaar na se­ke­re van die op­warm­toer­nooie te neem.

Die voor­ma­li­ge B­lits­bok­kap­tein Ky­le Bro­wn is een van die stryd­ros­se wat Po­well hoop om vir dié toer­nooie be­skik­baar te hê.

Bro­wn se sei­soen is ver­le­de jaar weens ’n knie­be­se­ring in die half­eind­ron­de van die Kaap­stad-toer­nooi kort­ge­knip. “Ky­le is een van die s­pe­lers wat ons in die op­warm­toer­nooie wil be­trek, maar ons is nog nie 100% se­ker of hy vir die eer­ste toer­nooi ge­reed sal wees nie.

“Die plan met Ky­le is om hom ten min­ste ’n paar mi­nu­te speel­kans in wed­stry­de te gee, so­dat hy weer stel­sel­ma­tig daar­aan ge­woond kan raak ná ’n lang­ter­myn­be­se­ring.” Wan­neer die As­su­pol-toer­nooi aan­breek, hoop Po­well om van sy s­pe­lers wat in die Cur­rie­be­ker­reeks diens doen, te­rug in die B­lits­bok­span te ver­wel­kom. Hy gaan eg­ter nie oor­haas­tig wees deur dié s­pe­lers da­de­lik by die diep­kant in te gooi nie.

“Ons wil die ou­ens ’n bie­tjie van ’n blaas­kans gee ná hul deel­na­me aan die Cur­rie­be­ker­reeks.”

Jus­tin Ge­duld, wat die af­ge­lo­pe vyf toer­nooie in die Wê­reld­reeks weens ’n voet­be­se­ring mis­ge­loop het, is een van die s­pe­lers wat Po­well hoop om op 28 en 29 Ok­to­ber in ak­sie te sien.

“Jus­tin het sta­dig maar se­ker weer be­gin hard­loop, maar hy gaan be­slis nie reg wees vir die eer­ste t­wee toer­nooie nie. Ho­pe­lik kan ons hom in die As­su­pol­toer­nooi speel­kans gee.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Im­pi Vis­ser gaan kans kry om vir hom ’n plek in die B­lits­bok­ke se groep oop te speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.