Die Bok­kamp

Beeld - - Sport - – Mi­cha­el G­reen

Fran­cois Hou­gaard, die e­nig­ste lid van die hui­di­ge S­pring­bok­groep wat oor­see speel, sluit hom eers Son­dag by die span aan.

Hou­gaard, met 42 toet­se vir die Bok­ke, speel vir die Wor­ces­ter War­ri­ors in En­ge­land. Court­nall S­ko­san sal hom ook eers teen die ein­de van die week by die span aan­sluit.

Dié haas­ti­ge vleu­el van die Leeus se eer­ste kind is Dins­dag­og­gend in Jo­han­nes­burg ge­bo­re.

Nóg ’n Bok­skrum­ska­kel, Ross Cron­jé, het weens ’n skou­er­be­se­ring wat hy in die Su­per­rug­by­eind­stryd tus­sen die Leeus en die Cru­sa­ders ver­le­de na­week op­ge­doen het, nie nog nie saam met die S­pring­bok­ke in Port E­li­za­beth ge­oe­fen nie. “Ons sal sy vor­de­ring oor die vol­gen­de paar dae mo­ni­tor voor­dat hy aan kon­tak bloot­ge­stel sal word,” sê Kon­rad von Ha­gen, die span­dok­ter.

Von Ha­gen sê die werk­la­ding van die s­pe­lers wat in die on­lang­se Su­per­uit­speel­wed­stry­de be­trok­ke was, sal ver­sig­tig be­stuur word.

Die los­ska­kel Han­dré Pol­lard het ook een­kant ge­oe­fen en daar is aan sy kon­di­si­o­ne­ring ge­werk.

T­wee an­der s­pe­lers wat nog langs die kant­lyn is, is die flank Siya Ko­li­si, wat ’n lig­te en­kel­be­se­ring het, en die heel­ag­ter War­rick Ge­lant, wat grie­pe­rig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.