Rory wil droog­te in ma­jors nóú ein­dig

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

As jy in Au­gus­tus 2014 vir Rory M­cIl­roy – of om die waar­heid te sê e­nig­een in die gholf­wê­reld – ge­sê het hy sou die vol­gen­de drie jaar geen ma­jor-toer­nooie wen nie, sou jy uit­ge­lag word.

Tog is dit met dié meul­steen om die nek dat die 28-ja­ri­ge Noord-Ier aan die be­gin van die week by die Qu­ail Hol­lo­w­gholf­baan in die deel­staat Noord-Ca­ro­li­na op­ge­daag het vir van­jaar se A­me­ri­kaan­se PGA-kam­pi­oen­skap, wat van­dag be­gin.

Hy het van­jaar nog nie ge­wen nie, maar die bes­te van M­cIl­roy is ook nog nie in 2017 ge­sien nie. Tog re­ken die be­roeps­wed­ders van­dees­week hy is dié spe­ler om te klop.

Die be­pa­len­de fak­tor daar­voor is M­cIl­roy se blink re­kord by Qu­ail Hol­low. In se­we vo­ri­ge toer­nooie op dié baan, het die Noord-Ier ses keer in die top­tien ge­ëin­dig. Dis die baan waar­op hy in 2010 die eer­ste keer in die PGA-reeks ge­wen het, met se­we houe en ná ’n der­de ron­de van 61.

“Ek nie van­jaar so baie ge­wen soos ek graag sou wou nie en daar is ’n paar din­ge wat ’n rol ge­speel het: be­se­rings, nu­we toe­rus­ting en so aan. Dit was ’n bie­tjie van ’n oor­gangs­jaar,” het M­cIl­roy (wat ook in A­pril voor die kan­sel ge­staan het) op die PGA-reeks se web­tuis­te ge­sê.

“Dis ’n baan waar­op ek al goed ge­vaar het. As ek speel soos ek kán, kan dit dalk ge­noeg wees.”

Die kol­lig op M­cIl­roy was die af­ge­lo­pe paar dae by Qu­ail Hol­low nie so erg soos op die 24-ja­ri­ge Jor­dan S­pieth nie.

Dié jong A­me­ri­ka­ner kan die na­week die jong­ste spe­ler tot nog toe word om ’n loop­baan-Slam te ver­se­ker, na­dat hy die der­de been van die Slam by ver­le­de maand se B­rit­se Ope met ’n ys-in-die­a­re-ver­to­ning ge­wen het.

S­pieth het sak­ke vol self­ver­troue in die PGA-toer­nooi, dank­sy se­ges in t­wee van sy laas­te drie toer­nooie, met ’n 13de plek in die an­der. En as hy be­kom­merd is oor die druk wat die ver­wag­tin­ge op sy skou­ers laai, wys hy dit nie.

“Die po­si­tie­we ding [vir die kans op ’n loop­baan-Slam] is dat jy glo jy het die no­di­ge peil,” het S­pieth ge­sê.

■ Suid-A­fri­ka sal se­we s­pe­lers by die PGA-kam­pi­oen­skap hê, met Bran­den Gra­ce die sterk­ste kan­di­daat.

Fo­to: GETTY IMAGES

Rory M­cIl­roy ty­dens ’n oe­fen­ron­de by die Qu­ail Hol­low­gholf­klub in Noord­Ca­ro­li­na, waar die A­me­ri­kaan­se PGA­kam­pi­oen­skap van­dag be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.