Net­bal in Dur­ban be­reik kri­tie­ke sta­di­um vir voor­ste pro­vin­sies

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Van­dag is D-dag. Die kaf sal dan van die ko­ring ge­skei word in kri­tie­ke wed­stry­de in Af­de­ling A van die pro­vin­si­a­le net­bal­toer­nooi in Dur­ban.

Gau­teng het t­wee sterk teen­stan­ders in die Vry­staat en die Wes-Kaap. Die Vry­staat speel ook teen Noord­wes.

Die Wes-Kaap het gis­ter sy vier­de oor­win­ning be­haal toe hy in ’n dwar­re­len­de noord­oos­te­wind uit­staan­de spel teen die Vry­staat ge­le­wer het om hom met 48-39 te klop.

Die Wes-Kaap, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, is nou die e­nig­ste on­oor­won­ne span en het agt pun­te in die sak­kie.

Gau­teng en Noord­wes het vroe­ër die og­gend in ’n op­win­den­de wed­stryd met 34-34 ge­lyk­op ge­speel.

Dit be­te­ken Gau­teng het tot dus­ver drie oor­win­nings en ’n ge­lyk­op-uit­slag be­haal en se­we pun­te ver­dien. Die Vry­staat het ses pun­te en Noord­wes vyf.

Die pro­vin­si­a­le toer­nooi het Maan­dag be­gin, maar om­dat dit gis­ter Vrou­e­dag was, is die o­pe­ning­se­re­mo­nie gis­ter­mid­dag ge­hou. S­pe­lers is daar­na ge­trak­teer op ’n ham­bur­ger, sky­fies en mu­siek. Die wat wou, kon hul ly­we swaai.

Die voor­ste span­ne in Af­de­ling A het eg­ter nie lank ver­toef nie, want hul­le moes voor­be­rei vir van­dag.

“Ons is hier om ’n net­bal­kroon te wen. Ons het la­ter van­dag (Woens­dag) nog baie werk om te doen,” sê An­ne­lie Lu­cas, die Wes-Kaap­se af­rig­ter.

Vol­gens Lu­cas het die oor­win­ning oor die Vry­staat hul pad na Sa­ter­dag se eind­stryd bie­tjie mak­li­ker ge­maak, maar van­dag gaan ’n taai dag wees. Die kwik gaan boon­op ook tot 27 °C styg.

Die Wes-Kaap moet eers in die og­gend met K­waZu­lu-Na­tal klaar­speel, voor­dat hy die mid­dag teen Gau­teng te staan kom.

“Die toer­nooi word nie op die der­de dag ge­wen nie, maar eers op die laas­te dag as jy die eind­stryd haal,” sê Lu­cas.

Jen­ny van Dyk, af­rig­ter van Gau­teng, en Do­ret­te Ba­den­horst, haar e­we­knie van Noord­wes, is dit al­bei eens dat hul span­ne die wed­stryd kon ge­wen het.

Al­bei is eg­ter dank­baar vir die en­ke­le punt wat hul­le steeds met die ge­lyk­op-uit­slag kon ver­dien.

Van Dyk sê as haar span die knoop wil deur­hak teen die Wes-Kaap en die Vry­staat, sal hy sy ba­sie­se vaar­dig­he­de moet op­knap.

“Ons het on­ge­dwon­ge fou­te be­gaan, wat ons teen Noord­wes duur te staan ge­kom het. Ons sal ook ons dis­si­pli­ne moet op­knap en kli­nies moet wees,” sê Van Dyk.

“Ons het voor die stryd teen Noord­wes nog nie reg­tig die druk ge­voel nie.”

Van Dyk sê die doe­le C­han­té Louw en Ren­ske S­toltz vind me­kaar nog as ’n aan­vals­kom­bi­na­sie.

“Ons het ’n nu­we doel­sir­kel. Hul kom­mu­ni­ka­sie ver­be­ter soos die toer­nooi vor­der,” sê Van Dyk.

Sy sê haar span kry ge­noeg om­keer­be­sit, maar wat hy met daar­die be­sit doen, is wat saak­maak.

“Dit is al hoe jy ’n toer­nooi wen – met bal­be­sit,” al­dys die Gau­ten­gers se brei­er.

■ Van­dag se pro­gram (Hoy Park­sport­ter­rein): 08:00: Oos­Kaap t. Noord­Kaap; Noord­wes t. M­pu­ma­lan­ga; 09:30: Wes­Kaap t. K­waZu­lu­Na­tal; Vry­staat t. Gau­teng; 14:00: K­waZu­lu­Na­tal t. Noord­Kaap; Vry­staat t. Noord­wes; 15:30: Wes­Kaap t. Gau­teng; Oos­Kaap t. M­pu­ma­lan­ga.

Fo­to: REG CALDECOTT

C­han­té Louw, doel van Gau­teng (links), en Zan­dré Eras­mus van Noord­wes gis­ter in ak­sie in die pro­vin­si­a­le toer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.