Els, Mic­kel­son be­reik al­bei hul 100­tal­le

Beeld - - Sport - – Su­per­sport

Er­nie Els en P­hil Mic­kel­son be­reik van­dag die myl­paal om in hul 100ste ma­jor-toer­nooi te ver­skyn en al­bei loof Ti­ger Woods vir sy hulp om hul fiks­heid en lang­le­wend­heid in die sport ’n hup­stoot te gee.

Su­per­sport.com be­rig Mic­kel­son, ’n vyf­ma­li­ge ma­jor­kam­pi­oen, en Els, met vier ma­jor-ti­tels op sy kerf­stok, het voor die be­gin van die PGA-kam­pi­oen­skap by Qu­ail Hol­low aan die A­me­ri­kaan­se gholf­le­gen­de hul­de ge­bring.

“As Ti­ger nie sy op­gang ge­maak het nie, glo ek nie ek sou my­self ge­druk het om so­veel te ver­mag nie, want hy het al­mal ge­dwing om hul bes­te na vo­re te bring,” sê Mic­kel­son.

“Hy het al­mal ge­dwing om ’n bie­tjie har­der te werk. Hy het al­mal ge­dwing om oor fiks­heid se groot rol in gholf te be­sin en ek dink dit het my eint­lik ge­help met my lang­le­wend­heid in die sport.”

Els, wat in 2000 twee­de ag­ter Woods by die A­me­ri­kaan­se en B­rit­se Ope ge­ëin­dig het, stem saam en sê die Tier se se­ge by die Mees­ters in 1997 was so in­druk­wek­kend dit het sy eie ma­jor-kan­se vir ’n wy­le ont­spoor.

“Ek was ge­reed om ’n he­le paar te be­klink, as jy ver­staan wat ek be­doel, maar toe Ti­ger in ’97 op die to­neel ver­skyn en die Mees­ters op daar­die wy­se wen, het dit my ’n bie­tjie ont­spoor,” sê Els.

“Ek het ge­dink ek is reg­tig een van die top­spe­lers – en ek was – maar daar­die gholf­ver­to­ning was uit­ste­kend.

“Hier­die ou is so spe­si­aal en hy het ab­so­luut die sport ver­an­der. Hy het ons werk­lik ge­dwing om be­ter te speel. Maar ek kon ’n paar meer in die sak­kie ge­had het – ver­se­ker! – as hy nie daar was nie.”

Els is in 2011 in gholf se hel­de­saal in­ge­hul­dig en Mic­kel­son die jaar daar­na.

“Ek dink dit sal ’n ruk­kie neem om by al­bei van ons in te sink, maar dit is nog­al cool,” sê Els oor die duo wat hul 100-tal­le in gholf be­reik.

“Dit gaan net ver­skrik­lik vin­nig ver­by, jy dink nie daar­aan nie,” sê Mic­kel­son.

“Dit was baie pret ge­wees. Ek weet ons al­bei sal graag nog ’n paar wil wen.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Er­nie Els en P­hil Mic­kel­son speel van van­dag af in hul 100ste Grand Slam­toer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.