Mou­ritz Bo­tha bê­re ste­wels oor har­sing­skud­ding

Beeld - - Sport - – Rug­by365.com

Die Suid­A­fri­kaans­ge­bo­re Mou­ritz Bo­tha, wat tien toet­se vir En­ge­land ge­speel het, moes op die ou­der­dom van 35 sy rug­by­ste­wels weg­pak.

Sy be­sluit volg op me­die­se raad ná erns­ti­ge har­sing­skud­ding.

Bo­tha, wat in 2011 die En­gel­se P­re­mier­liga­ti­tel saam met Sa­ra­cens ver­o­wer en ook vir die Haaie in die Su­per­reeks ge­speel het, er­ken hy is te­leur­ge­steld, maar kan te­rug­kyk op ’n suk­ses­vol­le loop­baan.

“Hoe­wel baie s­pe­lers ge­meng­de e­mo­sies er­vaar wan­neer hul­le uit­tree, be­leef ek een oor­heer­sen­de ge­voel – dat ek werk­lik ge­se­ënd is om my tyd as ’n rug­by­spe­ler so baie te kon ge­niet,” sê Bo­tha.

“Ek is werk­lik trots op die feit dat ek En­ge­land op toets­vlak kon ver­teen­woor­dig, ’n eer wat ek al­tyd sal koes­ter, en dat ek die P­re­mier­liga saam met Sa­ra­cens kon wen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.