Vyf­de se­ge bin­ne se­we dae vir Ke­vin An­der­son

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Ke­vin An­der­son het sy goeie ten­nis­spel­peil voort­ge­sit en eer­gis­ter in die Ro­gers­be­ker­toer­nooi in Toron­to sy vyf­de se­ge bin­ne se­we dae be­haal.

An­der­son, wat Son­dag die eind­stryd van die Ci­ti­ope in Washing­ton ge­haal het, het Du­di Se­la van Is­rael met 6­3, 7­6 (7/1) in die eer­ste ron­de van die Mees­ters­toer­nooi in Ka­na­da ge­klop. Sy vol­gen­de teen­stan­der is die 11de ge­keur­de Pa­blo Car­reño Bus­ta van S­pan­je.

As hy Bus­ta klop, wag A­me­ri­ka se Sam Qu­er­rey of die Frans­man Jo­Wilf­ried Tson­ga op hom. Qu­er­rey het An­der­son in die vier­de ron­de op Wim­ble­don ge­stuit.

Die der­de ge­keur­de Do­mi­nic T­hiem van Oos­ten­ryk is in die eer­ste ron­de deur Die­go S­chwartz­man ge­skok.

Dié Ar­gen­tyn, 36ste op die rang­lys, het vier wed­stryd­pun­te af­ge­weer om met 6­4, 6­7(7/9), 7­5 te se­ë­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.