En­gel­se span wat SA klop, het ‘drie van swak­stes’

Beeld - - Sport - – Reuters

Die voor­ma­li­ge Aus­tra­lie­se snel­bou­ler Da­mien F­le­ming se be­oor­de­ling van die En­gel­se krie­ket­kolf­or­de sal die Pro­te­as selfs nóg meer laat bloos.

Suid­A­fri­ka het pas met 3­1 slae ge­kry in sy reeks teen En­ge­land, maar F­le­ming glo En­ge­land het van die swak­ste to­por­de­kol­wers wat hy al toets­krie­ket sien speel het.

Ke­a­ton Jen­nings, Tom We­st­ley en Da­wid Ma­lan is uit­ge­son­der. “En­ge­land kort min­stens drie or­dent­li­ke kol­wers in sy top­ses,” het F­le­ming aan die ra­di­o­sta­sie RSN ge­sê.

“Na­dat ek die reeks teen Suid­A­fri­ka dop­ge­hou het, is ek be­reid om te sê dat hul­le (Jen­nings, We­st­ley en Ma­lan) van die drie swak­ste kol­wers is wat ek al sien toets­krie­ket speel het. Jen­nings is ’n aan­vangs­kol­wer en het 127 lo­pies teen ’n ge­mid­deld van 15 aan­ge­te­ken. Ek het op nr. 9 ge­kolf en sou net­net met daai ge­mid­del­de te­vre­de ge­wees het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.