Broek­skeur, maar Way­de is deur

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Way­de van Nie­kerk het so by­na on­der­steu­ners na die kal­meer­pil­le laat gryp toe hy gis­ter­aand sy eer­ste ne­der­laag in 2017 ge­ly het en der­de in die 200 m-half­eind­ron­de ge­ëin­dig het.

Van Nie­kerk, wat Dins­dag as die wê­reld­kam­pi­oen in die 400 ge­kroon is, het vir van­aand se eind­ron­de as een van die vin­nig­ste ver­loor­ders in 20.28 sek. ge­kwa­li­fi­seer, met Ra­mil Gu­liy­ev (20.17 sek.) van Tur­kye en A­meer Webb (20.22 sek.) van die VSA wat hom in die der­de half­eind ge­klop het.

In nog ’n dra­ma­tie­se om­me­swaai is Botswa­na se I­saac Makwa­la ’n ge­leent­heid ge­gun om vir ’n plek in die half­eind­ron­de van die 200 m te hard­loop, ’n toets wat hy met vlie­ën­de vaan­dels ge­slaag het. Dit volg na­dat hy weens voed­sel­ver­gif­ti­ging nie aan die oor­spronk­li­ke uit­dun­ne kon deel­neem nie.

Makwa­la is Dins­dag­aand deur die IAAF ver­bied is om aan die 400 m-eind­ron­de deel te neem.

Die at­leet het gis­ter­aand sy wed­loop teen die hor­lo­sie in 20.20 sek. “ge­wen”, voor­dat hy skaars t­wee ure la­ter ty­dens die half­eind­ron­de 20.14 sek. ge­hard­loop het vir ’n plek in die eind­ron­de.

Hy moes in re­ën­weer 20.53 sek. of vin­ni­ger aan­te­ken om te kwa­li­fi­seer vir die half­eind.

Makwa­la is as ’n guns­te­ling be­skou om ’n me­dal­je in die 400 m te kry en het ook reeds die vin­nig­ste tyd van­jaar in die 200 m ge­blits toe hy 19.77 sek. op die stop­hor­lo­sie ge­re­gis­treer het. Van Nie­kerk hou die twee­de vin­nig­ste tyd in 19.84.

I­si­ah Young van die VSA het ook goed ge­lyk toe hy sy half­eind ge­wen het in 20.12 sek, met Je­reem Ri­chards van T­ri­ni­dad en Toba­go wat ook skerp ge­lyk het met sy 20.14 sek. om deur te dring.

Yo­han Bla­ke se swak ver­to­ning sou wel as ’n ver­ras­sing ge­kom het met die Ja­mai­kaan, wat die twee­de vin­nig­ste per­soon nóg oor 200 m is, wat uit­ge­val het na­dat hy der­de ge­ëin­dig het in sy half­eind­lo­pie in 20.52 sek. en nie as een van die vin­nig­ste ver­loor­ders kon kwa­li­fi­seer nie.

In ’n ver­kla­ring wat deur die IAAF uit­ge­reik is word ver­dui­de­lik dat Makwa­la se land na­mens hom ge­pleit het vir ’n ge­leent­heid om hom te laat kwa­li­fi­seer.

“Die IAAF het ’n ge­skre­we ver­soek ont­vang van Botswa­na se at­le­tiek­fe­de­ra­sie om I­saac Makwa­la aan die 200 m te laat deel­neem,” lui die IAAF se ver­kla­ring.

Vol­gens die IAAF was hy on­der kwa­ran­tyn vir 48 uur, ’n tyd­perk wat ge­ëin­dig het voor Woens­dag se ak­ti­wi­tei­te af­ge­skop het.

“Ge­ge­we die feit dat die kwa­ran­tyn­tyd­perk ver­stre­ke was en hy ná ’n me­die­se on­der­soek fiks ver­klaar is, het ons in­ge­stem om vol­gens die re­ëls van die by­een­koms hom toe te laat om te hard­loop in die half­eind­ron­de mits hy die kwa­li­fi­se­ren­de tyd haal,” lui die ver­kla­ring.

Fo­to: GETTY IMAGES

Way­de van Nie­kerk lyk bra be­kom­merd na hy gis­ter­aand net­net deur­ge­dring die 200­eind­ron­de na­dat hy der­de in die half­eind ge­ëin­dig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.