Mat­field gou Maan­haar?

Vic­tor en S­wys kom al ’n lang pad saam

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Vic­tor Mat­field is die haas wat van­dag uit die hoed ge­trek kan word as die Leeus se nu­we voor­spe­ler-af­rig­ter.

Met Jo­han Ac­ker­mann wat van­dag by sy nu­we klub Glou­ces­ter in En­ge­land be­gin, en S­wys de Bruin wat by hom oor­ge­neem het as hoof­af­rig­ter, is die een va­ka­tu­re wat in die Leeus se af­rig­ting­span ge­vul moet word, dié van voor­spe­le­raf­rig­ter.

Na wat ver­neem word, gaan ’n ho­ë­pro­fiel-aan­stel­ling ge­doen word en dié eer­tyd­se S­pring­bok­slot vol­doen ge­wis aan daar­die pro­fiel.

Dit is geen ge­heim nie dat Mat­field se­dert sy uit­tre­de baie gre­tig is om by af­rig­ting be­trok­ke te raak.

Sy naam, saam met dié van sy eer­tyd­se span­maat by die Blou Bul­le en die Bok­ke, Fou­rie du P­reez, word ge­rui­me tyd al ge­kop­pel aan die Bul­le se af­rig­ting­span, maar dit het toe nooit werk­lik­heid ge­word nie.

As Mat­field van­dag aan­ge­kon­dig word as die Leeus se nu­we voor­spe­ler-ghoe­roe, sal die Leeus hom so half on­der die neus van die Bul­le weg­ge­raap het.

Mat­field en De Bruin kom al ’n lang pad saam, met Mat­field wat by G­rie­kwas in Kim­ber­ley ge­speel het toe De Bruin tus­sen 1999 en 2003 daar die af­rig­ter was.

Hul­le is dus nie on­be­ken­des vir me­kaar nie.

De Bruin en Ac­ker­mann se paaie het toe­val­lig ook by G­rie­kwas ge­kruis.

Van die an­der kan­di­da­te as voor­spe­ler-af­rig­ter is Wes­sel Roux, die eer­tyd­se Blou Bul wat die Goue Leeus se voor­hoe­de in Su­per­Sport se uit­daag­reeks on­der han­de ge­had het en ook vir die eer­ste paar wed­stry­de in die Cur­rie­be­ker-reeks daar­die taak ver­rig het.

Dan word Ba­lie Swart, die eer­tyd­se S­pring­bok-voor­ry­man wat deel was van die 1995-span wat die Wê­reld­be­ker ver­o­wer het, se naam ook in dié ver­band ge­noem.

Ba­rend Pie­ter­se, wat by die Sout­hern Kings se af­rig­ting­span in Port E­li­za­beth be­trok­ke is, word ook as ’n kan­di­daat be­skou.

Tog is Mat­field die naam wat uit­staan en be­hoort hy van­dag aan­ge­kon­dig te word as die man wat in Ac­ker­mann se voet­spo­re moet trap om die Leeus se agt­tal te laat brul.

‘‘ As Mat­field van­dag aan­ge­kon­dig word as die Leeus se nu­we voor­spe­ler­ghoe­roe, sal die Leeus hom so half on­der die neus van die Bul­le weg­ge­raap het.

Fo­to: GALLO IMAGES

Vic­tor Mat­field in sy speel­dae as S­pring­bok­slot. Hy is die voor­keur­kan­di­daat om van­dag aan­ge­kon­dig te word as die Leeus se nu­we voor­spe­ler­af­rig­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.