Haaie wys daar lê har­de werk vir Blou Bul­le voor

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Cur­rie­be­ker-reeks is nog in sy ba­ba­skoe­ne, maar die Haaie het gis­ter ’n dui­de­li­ke waar­sku­wing aan die an­der span­ne in die reeks ge­stuur.

Die Haaie het die Blou Bul­le met 28-20 op Lof­tus Vers­feld ge­klop.

Al­bei span­ne het vroeg reeds hul voor­ne­mens om aan­skou­li­ke rug­by te speel, dui­de­lik laat blyk.

Dít het vroeg teen die Blou Bul­le ge­tel toe hul­le uit hul eie ge­bied pro­beer aan­val het en ’n los­bal in die Haai-vleu­el Sbu N­ko­si se han­de be­land het. N­ko­si het ’n Bul­le-voor­spe­ler met die groot­ste ge­mak af­ge­stamp en in die hoe­kie gaan druk.

Die Haaie het die mees­te van die speel­werk in die eer­ste helf- te ge­doen, maar die ge­woon­te van ge­brek­ki­ge af­ron­ding, wat hul­le die he­le sei­soen nog teis­ter, het weer eens kop uit­ge­steek.

Selfs toe die Blou Bul­le se slot Ru­ben van Heer­den met ’n geel­kaart van die veld af was, kon die Haaie slegs drie pun­te aan­te­ken.

’n Ver­woes­ten­de Bul­le-skrum wat op ’n straf­skop uit­ge­loop het, het dié drie pun­te on­ge­daan ge­maak.

Die Blou Bul­le, daar­teen­oor, het die tit­sel­tjie bal­be­sit en ge­bieds­voor­deel wat hul­le ge­had het, goed be­nut.

Die tuis­span se bin­ne­sen­ter, Bur­ger O­den­daal, het een van sy bes­te ver­to­nings van die sei­soen ge­le­wer. Hy het sy span se e­nig­ste drie in die eer­ste helf­te ge­druk.

Die span­ne het met die tel­ling op 13-10 in die be­soe­kers se guns gaan rus, maar die tuis­span sou be­slis meer te­vre­de wees aan­ge­sien hy vir die groot­ste ge­deel­te van die eer­ste helf­te moes ver­de­dig.

Die Haai-sen­ter Luk­ha­nyo Am

‘‘

Wat ver­al van die Haaie se spel uit­staan, is hul uit­ste­ken­de ver­de­di­ging.

het tien mi­nu­te ná die om­draai­slag dwars­deur die Lig­blou­es se ver­de­di­ging ge­sny om on­der die pa­le te gaan druk en sy span se voor­sprong na 20-10 ver­groot.

Kort daar­na het Van Heer­den vir die Bul­le gaan druk, maar ’n puik drie deur Garth A­pril het die be­soe­kers se voor­sprong na agt pun­te ge­rek.

A­pril het uit­ste­kend ge­speel. Hy het ver­skeie ke­re op los­ska­kel op­ge­duik en die voor­deel­lyn met mening aan­ge­val.

Dit was eg­ter weer die Haaie se steel­kant­flank, Ja­c­ques Ver­meu­len, wat die be­soe­kers se bes­te spe­ler was. Ver­meu­len het ver­skeie Bul­le met reu­se-duik­slae laat hik.

Die Blou Bul­le se groen­tjie­heel­ag­ter, Ma­nie Lib­bok, het ook min ver­keerd ge­doen in sy Cur­rie­be­ker-bui­ging.

Wat ver­al van die Haaie se spel uit­staan, is hul uit­ste­ken­de ver­de­di­ging.

Die span stuur nie baie s­pe­lers na af­breek­pun­te toe nie, wat be­te­ken daar is deur­gaans s­pe­lers op hul voe­te om duik­slae uit te voer.

Met al­bei span­ne wat reeds Sa­ter­dag weer wed­stry­de speel, het die af­rig­ters vroeg van hul on­der­skeie plaas­ver­van­gers­ban­ke ge­bruik ge­maak.

Die Haaie se plaas­ver­van­ger­skrum­ska­kel, Ca­me­ron W­rig­ht, het ver­al be­ïn­druk met sy flink diens. Hy het die tuis­span se ver­de­di­ging deur­gaans on­der druk ge­hou en ge­wys dat daar har­de werk op die Bul­le wag.

■ Pun­te­ma­kers: Haaie 28 (13): Drieë: Sbu N­ko­si, Fran­co Marais, Luk­ha­nyo Am, Garth A­pril. Doel­skop: A­pril. Straf­doe­le: A­pril (2).

Blou Bul­le 20 (10): Drieë: Bur­ger O­den­daal, Ru­ben van Heer­den. Doel­skop­pe: To­ny Jan­tjies (2). Straf­doe­le: Jan­tjies (2).

Fo­to: GALLO IMAGES

Ja­c­ques Ver­meu­len, die Haaie se steel­kant­flank, in ak­sie gis­ter­aand in sy span se Cur­rie­be­ker­krag­me­ting teen die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.