Et­ze­beth weer ge­vra om Bok­ke te lei

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die slot E­ben Et­ze­beth sal wél die S­pring­bok­ke in die af­we­sig­heid van die be­seer­de War­ren W­hi­te­ley lei.

Na­dat Allister Coet­zee, die S­pring­bok­af­rig­ter, vroe­ër van­dees­week nog ge­sê het dis nie ’n uit­ge­maak­te saak nie, het die Suid­A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie gis­ter aan­ge­kon­dig dat die kap­tein­skap aan dié Ka­pe­naar toe­ver­trou is.

Et­ze­beth se kap­tein by die S­tor­mers, die flank Siya Ko­li­si, is as die Bok­ke se on­der­kap­tein aan­ge­wys.

Et­ze­beth het in Ju­nie voor ge­draf vir die Bok­ke in hul der­de toets teen Frank­ryk.

W­hi­te­ley sal na ver­wag­ting nog vir ses we­ke op die kruk­ke­lys wees, wat be­te­ken dat Et­ze­beth waar­ skyn­lik ook die Bok­ke in hul weg­wed­stry­de in Ar­gen­ti­nië, Aus­tra­lië en Nieu­See­land sal lei.

“E­ben het op kort ken­nis­ge­wing uit­ste­kend ge­vaar toe hy ge­vra is om kap­tein te wees vir die toets teen Frank­ryk in Jo­han­nes­burg. Sy span­maats re­spek­teer hom en hy dwing ag­ting af op die veld en weg daar­van af,” het Coet­zee ge­sê.

“Hy sal goeie on­der­steu­ning van se­ni­or s­pe­lers soos Siya, Ten­dai M­ta­wa­ri­ra en El­ton Jan­tjies kry.”

Suid­A­fri­ka skop sy veld­tog in van­jaar se Rug­by­kam­pi­oen­skap vol­gen­de Sa­ter­dag in Port E­li­za­beth teen Ar­gen­ti­nië af. Die Bok­ke het gis­ter in die Gel­van­da­le­sta­di­on ge­oe­fen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.