Fran­se sjar­me

Na­dat hy Eu­ro­pa oor­rom­pel het, sal die 3008 SA har­te steel?

Beeld - - Motors - Fer­di de Vos

Met die ink skaars droog op die fi­na­le do­ku­men­te om die PSA-groep se oor­na­me van GM se O­pel-fi­li­aal in Eu­ro­pa te be­krag­tig, het die nu­wer­wet­se en ge­vor­der­de 3008sport­nuts, jong­ste telg in die Fran­se Leeu se hui­di­ge werp­sel, ter plaat­se aan­ge­land.

Toe­val­lig? Heel waar­skyn­lik, maar tog in­te­res­sant dat hier­die ein­ste Peu­ge­ot in Maart as Eu­ro­pe­se Mo­tor van die Jaar vir 2017 aan­ge­wys is; op die­self­de dag as Peu­ge­ot-Citro­ën se aan­vank­li­ke aan­kon­di­ging dat hy Ge­ne­ral Motors in Eu­ro­pa vir by­na R35 mil­jard wil koop.

Die fi­na­li­se­ring van hier­die oor­een­koms be­te­ken ook dat PSA nou die naas­groot­ste ver­vaar­di­ger in Eu­ro­pa word (naas Volkswagen, met die Nis­sanRe­nault-groep nou der­de).

Dis al­les in skerp teen­stel­ling met die Fran­se groep se lot plaas­lik, want hier word sy be­lan­ge nou deur die Ja­pans-ge­no­teer­de groep VT Hol­dings be­heer en nie meer reg­streeks van­uit Frank­ryk nie.

Ge­sien teen hier­die ag­ter­grond en dat min­der as 1 000 Peu­ge­ot’s (982 om pre­sies te wees) ver­le­de jaar hier van die hand ge­sit is, is die nu­we 3008 ’n sleu­tel­mo­del in die Fran­se Leeu se voort­ge­set­te vol­hou­baar­heid in die land.

Be­ne­wens vir sy kro­ning as Eu­ro­pa se Mo­tor van die Jaar – die eer­ste sport­nuts om dit te ver­mag se­dert die eer­be­wys se ont­staan in 1964 (ons blyk ver voor Eu­ro­pa te wees in hier­die op­sig, met t­wee sport­nut­se wat reeds as SA Mo­tor van die Jaar ge­kroon is) – het die 3008 SUV ook reeds ’n he­le paar an­der eer­be­wy­se ont­vang.

Dis ook dui­de­lik dat die nu­we Peu­ge­ot-ba­se in Suid-A­fri­ka hoë ver­wag­tin­ge van die lig­ter, rui­mer, doel­tref­fen­der en vlug­voe­ti­ger nu­we­ling in die me­de­din­gen­de C-seg­ment van die sport­nuts­mark koes­ter.

Met ’n leng­te van 4,45 m is die twee­de­ge­slag-3008 so­wat 8 cm lan­ger as sy voor­gan­ger, met ’n lan­ger as­af­stand wat ag­ter­ste in­sit­ten­des 2 cm meer been- en 3 cm gro­ter kop­ruim­te gee.

Die vyf­sit­plek­ker is wel 2 cm la­er en het by­na 90 li­ter meer pak­plek (vir ’n to­taal van 520 li­ter), gro­ten­deels te dan­ke aan sy “Ma­gic Flat”-op­vou­stel­sel vir die ag­ter­sit­plek­ke.

Wat bui­te­s­ti­le­ring be­tref, het die nu­we 3008 se­ke­re trek­ke van die 2008 ge­ërf, maar in ge­heel is sy ont­werp be­ter ge­ba­lan­seerd, af­ge­rond en meer deur­dag as dié van sy klein­boet en sy ge­ron­der, lom­per voor­gan­ger.

Sier­roos­ter- en hoof­lig­s­ti­le­ring ver­skil af­han­gend van af­wer­kings­vlak (Acti­ve, Al­lu­re of GT-Li­ne) met ver­ti­ka­le de­tail en min­der ag­gres­sie­we af­wer­king by die lig­te vir die Acti­ve en Al­lu­re; en ho­ri­son­ta­le pa­ne­le met diep ke­pe in die hoof­lig­te vir die GT-Li­ne.

Per­soon­lik hou ek meer van die Al­lu­re-roos­ter­styl en wat my be­tref, is dit jam­mer hier­die af­wer­king is nie met die GTLi­ne-sti­le­ring ge­kom­bi­neer nie.

Maar ja, die warm die­sel­ge­dre­we GT-mo­del (135 kW) is ons nie be­sko­re nie. Die 2.0 li­ter-die­sels, met ou­to­ma­tie­se rat­kas­te, is wel vroeg aan­staan­de jaar hier.

Van en­jins ge­praat, al die 3008-weer­ga­wes is nou net met die 1.6 li­ter-tur­bo­pe­trol­en­jin en ses­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas te kry – son­der vier­wiel­dry­wing, maar in Al­lu­re+ en GT-Li­ne+ wel met ’n vas­trap­stel­sel te kies (daar is vyf rit­mo­dus­se – nor­maal, sneeu, mod­der, sand en ESP af), as­ook ’n vas­hou­funk­sie vir af­draan­de ry.

Die sterk, ver­ti­ka­le voor­kant word deur ’n hoë kant­lyn en gro­ter rui­te ge­flank, wyl ’n blink­swart dak met sil­wer­dak­rak­ke, skerm­skor­te, groot wie­le, ef­fens ho­ër grond­vry­hoog­te en ’n swart gor­del­lyn met LED­rem­lig­te (met Peu­ge­ot se ken­mer­ken­de drie klou­mer­ke) die prent­jie af­rond.

Dis wel die nu­we, ver­een­vou­dig­de bin­ne-uit­leg (i-Cock­pit, in Peu­ge­ot-taal) wat die 3008 laat uit­staan. Geen on­no­di­ge ska­ke­laars en knop­pe hier nie, net ’n ry van ses kla­vier­kla­wers om die funk­sies van die raak­skerm te ma­ni­pu­leer. Jy kan ook die beeld van die skerm reg voor jou na jou smaak ver­an­der: spoed- en toe­re­naald of ’n groot toe­re­naald op sy eie.

Die af­wer­king, met chroom­en blink­swart-de­tail in die ho­ër spe­si­fi­ka­sie­vlak­ke, is van goeie ge­hal­te en die sit­plek­ke (leer in die Al­lu­re+ en GT-Li­ne) is ge­rief­lik en daar is selfs sin­tuig­funk­sies vir ’n sit­plek­mas­se­ring of om at­mos­feer- en skerm­be­lig­ting te ver­stel.

Die klein veel­funk­sie­stuur­wiel laat jou dink aan dié in F1ren­mo­tors, want dit is nou nie net meer plat aan die on­der­kant nie, maar ook bo. Self hou ek van die klei­ne­ri­ge wiel, maar ek dink som­mi­ge met groot rug­by­han­de kan dit on­ge­mak­lik klein vind.

Op die pad is die nu­we­ling se ge­wigs­voor­deel van ge­mid­deld 100 kg bo sy voor­gan­ger dui­de­lik voel­baar, selfs al is sy en­jin­krag die­self­de.

Heel­wat is ook ge­doen om ge­raas te demp en in die al­ge­meen voel die jong­ste welp rat­ser, le­wen­di­ger en meer ver­fyn as So­cheaux se eer­ste pro­beer­slag in dié mark.

Ja, die ou­to’kas se ska­ke­lings kan dalk ’n aks vin­ni­ger wees, maar in ge­heel be­skou, is dié Peu­ge­ot – wat ook met ’n vol­span vei­lig­heid­stel­sels op­draf – ’n ste­wi­ge stap voor sy trop­ge­no­te.

Net soos daai klou­merk-ag­ter­lig­te het die Fran­se Leeu met dié nu­we­ling nou al sy na­els ont­bloot om die plaas­li­ke sport­nuts­mark te kom, wel um, deur­me­kaar­krap.

Peu­ge­ot se twee­de 3008­sport­nuts – Eu­ro­pa se Mo­tor van die Jaar – bied ’n ga­wer voor­koms as van­te­vo­re, re­ken ons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.