Me­neer, só wil ons be­han­del word - #wie'sjou­pop­pie

Beeld - - Motors - A­ne­mo­to78@gmail.com Ané T­heron

’NMan en vrou stap by ’n han­de­laar in (nee, daar is geen pit­ti­ge tre­f­re­ël nie, maar byt vas).

Sy is die een wat die brood ver­dien. Sy is ’n wer­ken­de vrou met t­wee kin­ders. Sy neem haar broer saam om na ’n spe­si­fie­ke mo­tor te gaan kyk.

Sy het reeds al haar na­vor­sing aan­lyn ge­doen. Sy het mo­del­le met me­kaar ver­ge­lyk. Sy het ge­lees oor vei­lig­heids­ken­mer­ke, oor hoe e­ko­no­mies die mo­tor gaan wees op die lan­ge duur.

Die mo­tor moe­nie lui wees nie, want sy hou van be­stuur, en sy is ge­reeld op die pad. ’n Mens moet da­rem kan voet neer­sit en ie­mand vin­nig kan ver­by­steek, in­dien no­dig.

Ge­wa­pen met al die reg­te vrae, word sy deur die ver­koops­per­soon ge­na­der.

Min weet die ver­koops­per­soon dat die vrou re­de­lik se­ker is dat sy wél hier­die mo­tor wil hê. Maar die kon­sul­tant hou aan met die broer praat – wat eint­lik meer ge­ïn­te­res­seerd is in die nuut­ste Eu­ro­pe­se mo­de­nei­gings as in motors.

Die vrou vra uit oor die diens­plan, dan maak die ver­koops­per­soon die pa­neel­kis­sie oop. Sy vra na wiel­groot­te, dan wys hy haar die aan­tal USB-sok­ke.

Maar ter­wyl hy haar ig­no­reer, kan hy nie uit­ge­praat raak oor die fan­tas­tie­se on­der­stel en se­wegang-dub­bel­kop­pe­laar­rat­kas nie.

Boe­tie knik net sy kop en maak die reg­te ge­lui­de.

Sus het haar teen dié tyd be­gin ver­erg en be­dank die kon­sul­tant met sty­we lip­pies.

Ge­ïr­ri­teerd ver­laat sy die ver­toon­ka­mer, en die ver­koops­man is sy goeie kom­mis­sie kwyt – sy sal el­ders gaan kyk.

Sy is die een met die beur­sie, en tog is sy be­han­del soos die on­kun­di­ge pop­pie wat net saam­ge­kom het om­dat haar sa­lo­n­af­spraak ge­kan­sel­leer is.

Dit is reeds be­wys dat vroue in 85% van mo­tor­aan­ko­pe vir die be­sluit­ne­ming ver­ant­woor­de­lik is.

Na­dat ons mo­tor in 2010 af­ge­skryf is, wou my man met al­le ge­weld ’n Po­lo Vi­vo koop, maar ek wou niks weet nie. Ons is dan juis ge­red deur ons 1999 Mercedes-Benz C-klas se lug­sak­ke, en die Po­lo Vi­vo het op daar­die tyd­stip te min ge­had.

“Ons” het uit­ein­de­lik be­sluit op ’n C­hev­ro­let Cru­ze 1.6 LS se­dan. Nie juis ’n brand­ris­sie nie, maar e­ko­no­mies en vei­lig, met ses lug­sak­ke (waar­van t­wee gor­dyn­lug­sak­ke is) vir die kroos ag­ter­in.

Hoogs ge­trau­ma­ti­seerd ná die on­ge­luk wou ek niks weet van her­ver­koop­swaar­de of ver­rig­ting nie – vei­lig­heid was my hoof­be­lang.

Mam­ma het klaar ge­praat! Die mees­te ver­vaar­di­gers be­sef ge­luk­kig dees­dae hoe be­lang­rik die vrou is wan­neer dit kom by die mo­tor­kies­pro­ses. So­veel so dat daar selfs motors spe­si­fiek vir vroue ont­werp is.

In 2012 het Dai­hat­su (wat in­tus­sen die land ver­laat het) die

Ry saam met Ané

Te­ri­os Di­va be­kend ge­stel.

Een van sy ken­mer­ke was an­ti-skaaf­mat­te om jou duur ho­ë­hak­skoe­ne te be­skerm. Nie dat ’n mens ver­on­der­stel is om met hak­ke te be­stuur nie! (In hak­ke is jou voe­te nie so sen­si­tief vir die pe­da­le nie. Ont­hou, ’n on­ge­luk vind in ’n kits plaas.)

Die Di­va se stan­daard-toe­rus­ting het on­der meer ’n tru­k­a­me­ra in­ge­sluit. Maar hoe­kom juis vir vroue? Wil mans nie ook sien wat ag­ter die mo­tor aan­gaan nie? (Nie­te­min het ek niks sleg te sê oor die Te­ri­os nie. Die aak­li­ge krul­le­tjie-en-draai­tjie mag­neet­ver­sie­rings op die bak­werk kan ’n mens da­rem af­haal, en kraak­be­stan­de ven­sters wat gryp­die­we sal fnuik is al­tyd ’n wen­ner.)

So, wat wil ons sko­ner ge­slag hê wan­neer ons ’n mo­tor koop?

Ons wil ge­re­spek­teer word – al is dit net om­dat ons vir ons­self kan be­sluit. Ons wil in­ge­lig word son­der min­ag­ting wan­neer ons on­se­ker is van iets.

En die mo­tor? Dit moet prak­ties wees. Ons soek ge­hal­te, waar­de vir geld en be­trou­baar­heid.

Ek sou sê dis min of meer die­self­de as wat al­mal wil hê.

Die vrou neem die be­sluit as dit by mo­tor koop kom, me­neer die ver­koops­man. Be­han­del ons dus bil­lik, sê die mo­der­ne vrou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.