Maak tog nou plan met sir­kels

Beeld - - Briewe -

Ek lees graag jou Pad­langs­ru­briek en die an­der ar­ti­kels in die Motors-by­laag.

Kan jy nie vir ons ’n slag die re­ëls wat van toe­pas­sing op ver­keer­sir­kels is mooi uit­spel nie? Ek het met vrien­de en fa­mi­lie ’n ar­gu­ment oor wat pre­sies die re­ëls is.

Ek praat hier eint­lik net van sir­kels met toe­gee­te­kens.

Ons het hier ’n sir­kel waar daar baie ver­keer in een rig­ting is.

Dit be­te­ken as daar ’n stroom voer­tuie vanaf regs is, jy vir lang tye moet wag om ’n ga­ping te kry om te mag ry.

Ek voel waar ek by die in­gang van ’n sir­kel ge­dul­dig wag, moet ek ook ’n kans kry om by die ver­keer te kan aan­sluit.

Wat van ’n spe­si­a­le te­ken op­rig vir so ’n stap?

Die ver­keer wat van regs aan­ge­ry kom, moet die te­ken dan kan ge­hoor­saam so­dat ek ook by die sir­kel kan aan­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.