’n Porsche vir die kroos én Wag­ter

Beeld - - Nuwe Model - Mo­tor­re­dak­sie

Nou­dat daar s­pra­ke is van ’n Fer­ra­ri-4x4, moet ’n mens se­ker nie die oë te erg rol nie. Porsche stel im­mers tans sy nu­we Pa­na­me­ra Sport Tu­ris­mo in Ka­na­da aan die wê­reld­me­dia be­kend – ’n sta­sie­wa, maar da­rem met ’n ek­so­tie­se naam.

Die lang Sport Tu­ris­mo bied ’n ant­woord op ’n vraag waar nie­mand weet pre­sies wat ge­vra is nie. ’n Sta­sie­wa? Met ’n Porsche-ken­te­ken op?

Te oor­deel na die fo­to’s lyk die eind­re­sul­taat tog heel gaaf. Die on­der­stel en as­af­stand is pre­sies net so by die vier­deurPa­na­me­ra ge­leen. Ook die ve­ring, en­jins en rat­kas (se­wegang, ou­to­ma­ties, dub­bel­kop­pe­laar-ti­pe).

Trou­ens, tot by die B-pi­laar is die ge­wo­ne Pa­na­me­ra en die Sport Tu­ris­mo i­den­ties, maar hier­van­daan be­gin die ver­skil­le staps­ge­wys in­tree.

Die dak is am­per ’n sen­ti­me­ter ho­ër ge­maak, en strek ook lan­ger op ’n am­per­se ho­ri­son­ta­le lyn na ag­ter. Die ag­ter­ruit lê op sy beurt ge­luk­kig heer­lik skuins na vo­re. Só ver­my Porsche die slag­gat om die Sport Tu­ris­mo te veel soos ’n tra­di­si­o­ne­le sta­sie­wa te laat lyk, en meer na ’n spor­tie­we wa wat prak­tie­ser as die stan­daar­dPa­na­me­ra is.

Dit was juis die Pa­na­me­ra se rug­kant wat so pro­ble­ma­ties vir dié vier­sit­plek­ker blyk te ge­wees het. Die eer­ste ge­ne­ra­sie het ’n knop­rug by die luik­deur ge­had, wat ver­le­de jaar met die twee­de ge­ne­ra­sie heel­wat ver­be­ter is.

Die Sport Tu­ris­mo, kan ’n mens sê, bied die bes­te uit­koms vir hier­die luik­deur: ’n tra­di­si­o­ne­le voor­oor skuins lyn wat by ’n sta­sie­wa se hoe­ki­ge lyf aan­sluit.

’n Mens won­der hoe suk­ses­vol Porsche met sy sta­sie­wa gaan wees, aan­ge­sien sy e­nig­ste me­de­din­ger, Mercedes se CLS S­hoot­ing Bra­ke, pas ge­staak is.

Daar­die S­tutt­gart­se me­de­din­ger was in­der­daad ’n prag­ti­ge voer­tuig, maar met die groei­en­de ge­wild­heid van sport­nut­se en al hoe meer nis­mo­del­le wat deur die ein­ste ver­vaar­di­gers self uit­ge­bring word, won­der ’n mens of ko­pers nie eer­der hul ek­stra-ruim­te-be­hoef­tes met ’n sport­nuts as met ’n meer be­perk­te sta­sie­wa sal kan ver­vul nie.

Dit daar ge­laat. Die Sport Tu­ris­mo is slegs met vier­wiel­aan­dry­wing te kry. Daar is (oor­see) ’n Sport Tu­ris­mo 4, 4S, Tur­bo, 4S Die­sel en ’n 4 E-Hy­brid. SuidA­fri­ka kry die 4, 4S en Tur­bo.

Die sta­sie­wa-voor­koms bied be­ter kop­ruim­te ag­ter as­ook ’n ef­fens gro­ter laai­ruim, maar dis eer­der die prak­tie­ser uit­leg van die laai­ruim (dank­sy die ho­ër, lan­ger dak) wat die Sport Tu­ris­mo nou ’n sin­vol­ler toer­voer­tuig as die luik­rug-Pa­na­me­ra maak.

Ag­ter is ’n drie­sit­plek­bank in­ge­sit, maar die mid­del­ste sit­plek is smal en hard, en voor jou be­ne neem die trans­mis­sie­ton­nel ál die plek in be­slag. Porsche noem die sit­plek­uit­leg te­reg ’n 4+1. Jy kan wel ’n ag­ter­bank be­stel met net t­wee sit­plek­ke en ’n sen­tra­le arm­kon­so­le in­ge­bou.

On­der die en­jin­kap is drie tur­bo­ge­dre­we en­jins te kies. Die Sport Tu­ris­mo 4 het ’n drie­li­terV6 (243 kW, 450 Nm), die 4S kry ’n drie­li­ter-bi­tur­bo-V6 (324 kW, 550 Nm), ter­wyl die Tur­bo ’n vier­li­ter-V8 met t­wee tur­bo’s (404 kW, 770 Nm) het.

Aan­pas­ba­re skok­bre­kers bied jou die keu­se tus­sen vier rit­mo­dus­se, ter­wyl die S en Tur­bo lug­ve­ring as stan­daar­di­tem het.

Die Sport Tu­ris­mo het ook ’n ag­ter­wiel­stuur­stel­sel as op­sie te kry, waar die ag­ter­wie­le met ’n paar gra­de saam met die voor­wie­le kan draai (vir be­ter sta­bi­li­teit teen hoë snel­he­de), of in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting (om ’n sker­per draai-ak­sie te be­werk­stel­lig as jy wil par­keer).

Reg­ter­stuur­weer­ga­wes sal vroeg vol­gen­de jaar hier­heen kom.

‘‘

Die Sport Tu­ris­mo, kan ’n mens sê, bied die bes­te uit­koms.

Pry­se:

Pa­na­me­ra 4 Sport Tu­ris­mo – R1 431 000;

Pa­na­me­ra 4S Sport Tu­ris­mo – R1 667 000;

Pa­na­me­ra Tur­bo Sport Tu­ris­mo – R2 522 000.

Kyk net so! Porsche se nu­we Pa­na­me­ra Sport Tu­ris­mo bied ’n sta­sie­wa­lyf met die di­na­mi­ka van ’n sport­mo­tor. Die on­der­stel en me­ga­ni­ka word met die Pa­na­me­ra ge­deel.

Af­wer­king is eer­ste­klas. Die breë mid­del­kon­so­le met die sty­gen­de lyn en kort rat­hef­boom ver­leen ’n im­po­san­te ge­voel aan die bin­ne­ruim.

Die ho­ër, hoe­ki­ger dak­lyn be­te­ken die laai­ruim is nou prak­tie­ser en ook ’n raps gro­ter as die Pa­na­me­ra s’n.

T­wee plat­te­ri­ge sit­plek­ke ag­ter ge­niet goeie been­ruim­te vir die ag­ter­ste in­sit­ten­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.