Ran­ger vir die lang­pad

Beeld - - Ry Saam - Mo­tor­re­dak­sie

Een van ons Kaap­se le­sers, Jan Kru­ger van Brac­ken­fell, het in die skool­va­kan­sie met sy Ford Ran­ger 2.2-dub­bel­ka­juit (4x4) deur Na­mi­bië gaan toer.

Die ge­sin het 6 000 km op hul toer na die Capri­vi en te­rug af­ge­lê. Vol­gens Jan het die bak­kie lek­ker sag op die grond­paaie ge­draf en hoe­wel dit nie ’n har­de­baard-4x4 is nie, was hy al­tyd vier­voet-ste­wig op die stof­paaie.

“Op die teer­pad was daar min ka­juit­ge­raas. Die ses­gang-rat­kas het goed ge­doen, maar dit is ver­al die vyf­de rat wat ’n ju­weel­rat is.

“Die bak­kie was swaar ge­laai met ’n a­lu­mi­ni­um­kap­pie en pak­goed bo-op die dak­rak, maar steeds was die ge­mid­del­de die­sel­ver­bruik tus­sen 8,5 en 9,6 li­ter. Op die grond­paaie was die band­druk so tus­sen 1.8 en 2.4 bar, af­han­gend van die pad­op­per­vlak.

“Hoe­wel dit nie ’n rus­va­kan­sie was nie om­dat jy in Na­mi­bië be­reid moet wees om soms lang af­stan­de af te lê, was dit lek­ker om die toer met ge­moeds­rus te kon af­lê.”

Jan Kru­ger se Ford Ran­ger het Na­mi­bië se lang grond­paaie met ge­mak kaf­ge­draf op ’n on­lang­se ge­sinstoer na die Capri­vi.

Met meer as 6 000 km ag­ter die blad het die Ran­ger nie ’n voet ver­keerd ge­sit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.