Ja­ers ruk op na die ‘Z’

Beeld - - Knormoer -

Die Ex­tre­me-ren­dag die na­week op die Zwart­kops­ren­baan, net wes van P­re­to­ria, gaan Sa­ter­dag ’n slag­veld soos min wees wan­neer die land se voor­ste ren­ja­ers hul slag in die ses­de ron­de van die na­si­o­na­le baan­ren­reeks wys. Die ren­dag, wat die GTC-motors, die VW-be­ker-ren­ne en For­mu­le 1600's in­sluit, hou ’n vol pro­gram in waar die deur­hand­vat­sels en kant­spie­ëls gaan waai as die ja­ers me­kaar om die on­der­skeie ti­tels gaan uit­daag. ’n String plaas­li­ke ren­for­mu­les is ook op die pro­gram. ■ Die GTC-toer­mo­tors (Glo­bal Tou­ring Cars) is be­sig om in ’n groot­se ti­tel­stryd tus­sen die voor­lo­per, Gen­na­ro Bo­n­a­fe­de, in ’n BMW en die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Mi­cha­el S­te­phen, in sy Audi te ont­wik­kel. S­te­phen het sy ag­ter­stand tot net 29 pun­te laat krimp na­dat hy die sei­soen swak be­gin het. Ja­ers soos Si­mon Moss (Audi), Jo­han Fou­rie (BMW) en Mat­hew Hod­ges (VW Jetta) het ook die oog op Zwart­kops se ge­rui­te vlag. Ag­ter die GTC-motors is die GTC2-stryd ewe fel met die voor­lo­per, Ke­a­gan Mas­ters (Golf GTI), wat weens oor­se­se ver­plig­tin­ge nié hier­die na­week sal jaag nie. Hoe­wel Mas­ters ge­rief­lik voor is, blaas die groep wat om die twee­de plek mee­ding – Chris­to­pher S­hor­ter (Mi­ni), C­harl S­mal­ber­ger (GTI), Bradley Lie­ben­berg (Mi­ni) en T­re­vor B­land (GTI) – in me­kaar se nek­ke. ■ Die VW-be­ker-ren­ne sal na ver­wag­ting weer eens vir groot Zwart­kops-op­win­ding sorg. Al­te­saam 17 van die by­kans i­den­tie­se motors het in die vo­ri­ge ron­de op kus­vlak al­mal bin­ne net een se­kon­de uit­me­kaar ge­kwa­li­fi­seer, en ho­pe­lik sal dit hier­die na­week in die dun­ner Ho­ë­veld­se lug steeds so wees. Die voor­lo­per, De­vin Ro­bert­son, het ’n ge­son­de voor­sprong maar daar is ’n string ja­ers ag­ter hom wat om die twee­de plek mee­ding. ■ Die Kaap­stad­se ja­er Ju­li­an van der Watt is steeds die guns­te­ling in die For­mu­le 1600-reeks en is nog nie van­jaar in sy My­ga­le ge­klop nie. Van der Watt is ver voor, maar weer eens is die stryd om die twee­de plek am­per ’n ren op sy eie tus­sen die jong ja­ers S­tu­art White, Brad Be­ning­field, Ca­me­ron O'Con­nor en A­lex Gil­le­spie. ■ Die ren­pro­gram sluit ook vier ge­reel­de plaas­li­ke Zwart­kops-ren­ne in: ’n reeks vir luik­rug­mo­tors en drie mo­tor­fiets­ren­ne – die Ka­wa­sa­ki ZX10’s, die T­hun­der­bi­ke-ren­ne en die Sub-10’s. ’n Kui­pe­be­soek vir toe­skou­ers met ’n kos­mark, vermaak en spe­si­a­lis­stal­le­tjies ag­ter die kui­pe is ook be­skik­baar.

■ Kaar­tjies is by www.i­tic­kets.co.za of by die hek te koop. S­ka­kel 012 384 2299 of be­soek www.zwart­kops.co.za vir nog in­lig­ting.

Fo­to: QUICKPIC

Buf­fer teen buf­fer! Die GTC­motors wys Sa­ter­dag hul slag op die Zwart­kops­ren­baan ge­du­ren­de die Ex­tre­me­ren­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.