‘Hek­se­jag sal ANC ver­swak’

Co­sa­tu maan teen in­nu­en­do, leu­ens

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce en P­hil­da Es­sop

Dit sal “dom en dwaas” van die ANC wees om op te tree teen die ANC-par­le­ments­le­de (LP’s) wat ten guns­te van die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma ge­stem het.

“Dit sal teg­nies on­moont­lik wees om te be­paal wat­ter ANCLP’s die mo­sie ge­steun het,” sê Ralph Mat­hek­ga, po­li­tie­ke ont­le­der.

“As hul­le dit wil on­der­soek, sal hul­le dalk ver­ras wees as hul­le uit­vind dat van die op­po­si­sie-LP’s ook teen die mo­sie ge­stem het. Wat wil hul­le met so ’n hek­se­jag be­reik?

“Dit is net ’n hek­se­jag van die Zu­ma-fak­sie. Die par­ty is reeds erg ver­deeld en so ’n stap sal dit net ver­er­ger.

“Die ANC moet eer­der daar­op fo­kus om die par­ty te ver­e­nig om­dat die op­po­si­sie hom tans uit al­le hoe­ke aan­val,” sê Mat­hek­ga.

Ook Co­sa­tu het gis­ter­aand teen ’n “hek­se­jag” ge­waar­sku en sê dit sal die ANC net ver­der ver­swak.

“Om po­li­tie­ke teen­stan­ders in die ANC te ver­volg sal die ANC in die­self­de lok­val van ‘ver­deel en heers’ laat be­land wat die a­part­heids­re­ge­ring so lank so goed ge­dien het,” sê Si­z­we Pam­la, Co­sa­tu-woord­voer­der.

Die ANC in K­waZu­lu-Na­tal het gis­ter vol­ge­hou dat die ANC op na­si­o­na­le vlak tug­stap­pe moet doen teen die LP’s wat saam met op­po­si­sie­par­tye ten guns­te van die mo­sie ge­stem het.

Die mo­sie is met 198 stem­me teen 177 ver­werp. Ne­ge LP’s het bui­te stem­ming ge­bly.

Jack­son Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep in die par­le­ment, het eer­gis­ter ge­sê die ANC is diep te­leur­ge­steld oor aan­dui­dings dat “tot 25 ANC-LP’s” die mo­sie kon ge­steun het.

News24 en Bu­si­ness Day het gis­ter be­rig hul be­re­ke­nin­ge toon tus­sen 31 en 40 ANC-LP’s het die mo­sie ge­steun.

Pam­la sê die ver­vol­ging van ANC-LP’s sal lei tot ’n si­tu­a­sie waar­in po­li­tie­ke ge­veg­te met in­nu­en­do, leu­ens en on­ge­gron­de in­lig­ting be­slis word.

“Toe­ne­men­de be­drei­gings staar ons re­vo­lu­sie nou in die ge­sig wat nie net ons ver­moë om te ver­e­nig on­der­myn nie, maar ook om die swart meer­der­heid te mo­bi­li­seer. Die ANC moet ont­hou dat al­le wen­fa­ses ten ein­de loop en dat die mas­sa se ge­duld op­raak,” sê Pam­la.

Su­per Zu­ma, ANC-se­kre­ta­ris in K­waZu­lu-Na­tal, waar Zu­ma se groot­ste steun­ba­sis is, het gis­ter ge­sê dié pro­vin­sie wil hê tug­stap­pe moet ge­doen word teen ANC-LP’s wat die mo­sie ge­steun het. “Ons sal die uit­slag eers be­stu­deer. Die ANC se na­si­o­na­le struk­tu­re is wel in ’n be­ter po­si­sie om on­der­soek in te stel na wat pre­sies ge­beur het.”

Su­per Zu­ma er­ken wel dat dit “baie moei­lik” sal wees om uit te vind wat­ter ANC-LP’s die mo­sie ge­steun het. “Daar­om kan ons nie sê wat sal ge­beur nie. Maar die na­si­o­na­le ANC moet dit be­har­tig. Die si­tu­a­sie kan nie net daar ge­laat word nie.”

K­hu­se­la Sang­o­ni, ANC-woord­voer­der, sê dít is die me­ning van die ANC in K­waZu­lu-Na­tal.

“Die na­si­o­na­le lei­ers het dit nog nie be­spreek of ’n be­sluit daar­oor ge­neem nie.”

Col­len Mai­ne, lei­er van die ANC se jeug­li­ga, sê hoe­wel hy be­sef daar is geen ma­nier om uit te vind wie teen Zu­ma ge­stem het nie, moet die par­ty op­tree teen LP’s wat hul­le voor­heen teen Zu­ma uit­ge­spreek het.

Dit sluit dr. Mak­ho­si K­ho­za, Pra­vin Gord­han en De­rek Ha­ne­kom in.

Kodwa sê die par­ty kan nie op­tree nie.

“Le­de moet be­sef die ANC kan nie ’n skim jaag waar al­mal die vy­and is nie.”

■ ‘Dis ’n stryd om die siel van Suid­A­fri­ka’ – bl. 2

■ Hek­se­jag op LP’s sal boek­de­le spreek oor ANC – bl. 10 ■ Pad na ge­we­te loop deur maag – bl. 10

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.