R3 000 Dit is hoe­veel No­ah­kaart­jies kos

‘Ma­na­na word g’n be­ter be­han­del’

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce en Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

M­du­du­zi Ma­na­na, ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, kry nie voor­keur­be­han­de­ling in sy aan­ran­ding­saak nie, het Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, gis­ter ge­sê.

Dit sal on­der­soek word of Ma­na­na se lyf­wag­te (po­li­sie­le­de) ten ty­de van die voor­val teen­woor­dig was en waar­om hul­le nie in­ge­gryp het nie.

Die po­li­sie is daar­van be­skul­dig dat Ma­na­na spe­si­a­le be­han­de­ling kry na­dat hul­le hom by ’n ag­ter­deur van die hof­ge­bou in Rand­burg laat in­glip het en hy nie ge­boei is nie.

Ma­na­na staan te­reg op twee aan­klag­te van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer na­dat hy Son­dag in die vroeë og­gend­u­re twee vroue by die Cu­baña-re­stau­rant in Four­ways, Jo­han­nes­burg, aan­ge­rand het.

Na be­rig word, het hy Maan­dag er­ken hy het dit ge­doen en om ver­sko­ning ge­vra.

M­ba­lu­la het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment ge­sê Ma­na­na het aan hom ge­sê dit was nie hy nie, “maar die men­se saam met wie hy was”.

Ma­na­na het hom gis­ter aan die po­li­sie oor­ge­gee.

M­ba­lu­la sê Ma­na­na is eers ná vyf dae aan­ge­keer om­dat die po­li­sie eers vol­doen­de ge­tui­e­ver­kla­rings wou be­kom. Net pres. Ja­cob Zu­ma kan Ma­na­na af­dank.

P­hin­di M­jon­ond­wa­ne, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), sê Ma­na­na het geen han­gen­de sa­ke of vo­ri­ge ver­oor­de­lings teen hom nie.

Joer­na­lis­te wou by M­ba­lu­la weet waar­om ’n klag van aan­ran­ding wat nog ’n vrou van Er­me­lo ook vroe­ër teen Ma­na­na in­ge­dien het, nie in die po­li­sie­ver­slae ver­skyn nie. M­ba­lu­la sê: “Ek het die po­li­sie be­veel om dit te on­der­soek.”

Ma­na­na is gis­ter op borg­tog van R5 000 vry­ge­laat. Landdros Lie­zel Da­vids het die saak tot 13 Sep­tem­ber uit­ge­stel.

Om weer te smul aan Suid-A­fri­kaan­se kos, Zoe­loe te kan praat en die prag­ti­ge land­skap van Suid-A­fri­ka te sien, is die re­de waar­om T­re­vor No­ah, ko­me­di­ant en aan­bie­der van The Dai­ly S­how, dit ge­niet om huis toe te kom, het No­ah gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Hy is in Suid-A­fri­ka vir ’n blits­toer met sy ver­to­ning T­he­re’s a Gup­ta On My Stoep ter­wyl The Dai­ly S­how ’n blaas­kans neem.

Hy sê die meng­sel van he­den­daag­se ge­beu­re en ko­me­dies van toe­ka se tyd het hom laat dink aan T­he­re’s a Gup­ta On My Stoep as sy ver­to­ning se naam.

“As kind was Le­on S­chus­ter se T­he­re’s a Zu­lu On My Stoep een van my guns­te­ling­flieks.”

Oor die kaart­jies vir sy ver­to­ning wat by­kans R3 000 kos, sê No­ah hy sal al­tyd pro­beer om ’n ge­hal­te­ver­to­ning te le­wer so­dat die ge­hoor waar­de vir hul geld kry.

Fo­to: WIKUS DE WET

M­du­du­zi Ma­na­na gis­ter bui­te die hof.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

T­re­vor No­ah gis­ter in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.