Duit­se tui­nier swem nou el­ke dag werk toe

Beeld - - Voorblad - – Reu­ters

Toe Ben­ja­min Da­vid (40) keel­vol raak om in ’n bus of op ’n fiets deur die daag­lik­se swaar ver­keer in M­ün­chen te sloeg, het hy eer­der be­gin swem werk toe.

Dié tui­nier pak sy skoot­re­ke­naar en kan­toor­drag in ’n wa­ter­be­stan­de sak wat hy op die rug dra.

Hy trek dan ’n duik­pak aan en glip in die wa­ter van die I­sar­ri­vier.

An­der pen­de­laars op die brûe oor die ri­vier vind dit ui­ters a­mu­sant, maar Da­vid sê die swem is heel­wat ont­span­nen­der as om in die ver­keer vas te sit.

“Dit is heer­lik ver­fris­send en ook die vin­nig­ste ma­nier om by die werk te kom,” sê Da­vid.

“Ek het ge­woon­lik fiets­ge­ry of ge­stap en dit vat heel lan­ger.

“Van­dag was die ge­ty nog­al s­terk en ek was bin­ne 12 mi­nu­te daar,” sê hy.

Die ri­vier, wat na­by die mid­de­stad van die Bei­er­se hoof­stad vloei, is in die win­ter ui­ter­aard bit­ter koud met tem­pe­ra­tu­re van so laag as 4 °C.

“Ek swem meest­al in die so­mer. Ek kan dit ook in die win­ter doen wan­neer ek ’n lan­ger duik­pak dra,” sê hy.

Fo­to: REU­TERS

Ben­ja­min Da­vid swem van sy huis na sy werk­plek in die I­sar­ri­vier in M­ün­chen, Duits­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.