Be­roof . . . by graf van ver­moor­de pa

GE­SIN OPNUUT GETRAUMATISEER Ro­wer skiet hom in sy bed dood

Beeld - - Voorblad - Je­a­nel­le G­rey­ling Wil­lem Bo­tha (42)

’n Ma van Rand­burg en haar twee seuns is Maan­dag be­roof toe hul­le die graf van hul ver­moor­de man en pa op sy ver­jaar­dag be­soek het.

C­heryl Bo­tha (46) van Rand­park in Rand­burg sê haar twee seuns, S­ha­ne (18) en Dy­lan (15), het by­na d­rie jaar ná die trau­ma­tie­se er­va­ring “soort van reg­ge­kom” en wou hul pa, Wil­lem, se graf in die Wes­park-be­graaf­plaas in Jo­han­nes­burg be­soek.

Wil­lem sou Maan­dag 45 jaar oud ge­word het.

Hy is d­rie jaar ge­le­de in sy bed dood­ge­skiet.

“Ons het juis ge­gaan om­dat Dy­lan ’n week voor die tyd vir my ge­sê het hy co­pe nie. Hy ont­hou sy pa nie.”

Ter­wyl hul­le in die be­graaf­plaas ge­stap het, het C­heryl ge­sien ’n man loer by haar mo­tor in.

“Dit het vir my ge­lyk of hy daar wil in­breek, toe hard­loop ek na die kar toe en skreeu: ‘Kom weg van my kar af!’

“Ek het vir my seuns ge­skreeu en hul­le het na­der ge­hard­loop, maar toe het hy reeds ’n vuur­wa­pen op my ge­rig.”

Die ro­wer het die vuur­wa­pen ook op S­ha­ne en Dy­lan ge­rig voor­dat hy met die d­rie se sel­fo­ne en Dy­lan se beur­sie weg­ge­hard­loop het.

Daar was niks in die beur­sie nie en die ma en seuns het ge­sien hoe hy dit in die hard­loop weg­gooi.

Die Bothas het in No­vem­ber 2014 ge­slaap toe ’n ro­wer om­streeks 03:30 by die mo­tor­huis van hul meent­huis in Ho­ney­dew, Roo­de­poort, in­ge­kom het.

‘‘

My seuns het na­der ge­hard­loop, maar toe het hy reeds ’n vuur­wa­pen op my ge­rig.

“Hy het eers by my oud­ste seun se ka­mer in­ge­gaan, die lig aan­ge­sit, die vuur­wa­pen oor­ge­haal en ge­sê: ‘S­j­j­j­j­jj.’ ”

S­ha­ne het sy hond in sy arms ge­hou en ge­knik.

Die man het aan­be­weeg na hul jong­ste seun se ka­mer en die lig daar ook aan­ge­ska­kel. Toe Dy­lan nie wak­ker word nie, is hy na Wil­lem en C­heryl se slaap­ka­mer.

“(Die ro­wer) het die lig aan­ge­sit en Wil­lem het wak­ker ge­word en ge­skreeu. Toe skiet die ou,” het C­heryl des­tyds ge­sê.

Die ro­wer het des­tyds met net twee sel­fo­ne, C­heryl se hand­sak en ’n iPad weg­ge­kom.

C­heryl sê sy is ná die jong­ste voor­val te ge­trau­ma­ti­seerd om dit by die po­li­sie aan te meld. Sy en die seuns is nou ook te ge­trau­ma­ti­seerd om Wil­lem se graf weer te be­soek.

“Ek moet nou maar net glo dat sy siel he­mel toe is.”

Fo­to: FA­CE­BOOK

S­ha­ne (18), C­heryl (46) en Dy­lan (15) Bo­tha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.