Dit is ’n stryd om die siel van Suid­A­fri­ka

Die vraag na ge­we­te gaan veel die­per as en­ke­le toe­val­li­ge si­tu­a­sies waar men­se ja of nee moet stem, skryf ná die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma.

Beeld - - Nuus -

’NBe­lang­ri­ke kwes­sie in die ge­sprek oor die wan­trou­e­mo­sie in pres. Ja­cob Zu­ma is of hul­le moet op­tree soos die po­li­tie­ke par­ty voor­skryf of vol­gens hul ge­we­te.

Die vraag is nie net van be­lang vir po­li­ti­ci nie en ook nie net re­le­vant in die wan­trou­e­mo­sie nie, maar raak al­le Suid-A­fri­ka­ners in die lig van ’n he­le boel drin­gen­de vraag­stuk­ke in die land.

Dis daar­om sin­vol om daar­oor na te dink en me­kaar te help om die saak be­ter te ver­staan en las­ti­ge dub­bel­sin­nig­he­de te ver­my.

Die vraag na ge­we­te gaan veel die­per as en­ke­le toe­val­li­ge si­tu­a­sies waar­in men­se ja of nee moet stem. Dit gaan oor die siel van Suid-A­fri­ka­ners en oor die siel van die volk. En siel word hier nie ge­bruik in die ver­skraal­de, pla­to­nie­se ver­de­ling tus­sen lig­gaam, siel en gees nie. Siel word hier me­ta­fo­ries ge­bruik as ’n woord vir die to­ta­le mens­li­ke be­staan.

Die ge­vaar in die soort ar­gu­men­te wat die ANC ge­bruik oor waar­om sy par­le­ments­le­de teen die mo­sie van wan­troue moes stem, is ui­ter­ma­te ska­de­lik vir die siel van die na­sie.

Die een deel van die siel weet bo al­le twy­fel – en as dit on­waar sou wees, is daar on­ge­luk­kig men­se in die ANC wat to­taal stomp­sin­nig en on­toe­re­ken­baar ge­word het – dat die ag­ba­re pre­si­dent ’n ui­ters kor­rup­te in­di­vi­du is wat die land deur sin­di­kaat­ag­ti­ge, ma­fia-ag­ti­ge pa­tro­naat­skap­net­wer­ke uit­ver­koop het.

Die an­der deel van die siel voel weer dat daar in die be­lang van die par­ty en ei­e­be­lang teen die wan­trou­e­mo­sie ge­stem moes word.

Maar die “oor­win­ning” op 8 Au­gus­tus in die par­le­ment is ’n vol­slae Pir­ro­s­oor­win­ning. Al wen jy ook, eis dit so ’n ge­wel­di­ge tol van die oor­win­naar dat dit eint­lik op ’n ver­loor neer­kom.

As die ANC-par­le­ments­le­de eer­lik is, sal hul­le moet er­ken dat hul­le ten spy­te van die ge­tal­le­meer­der­heid in die par­le­ment Dins­dag­aand sleg gaan slaap het oor die ge­wel­di­ge mo­re­le af­ta­ke­ling van die par­ty, waar­op baie men­se hul hoop vir die toe­koms ge­ves­tig het.

Zu­ma en sy ko­hor­te is lank­al soos daar­die po­li­sie­man aan wie Nel­son

Ni­co Bo­tha

Man­de­la in sy ver­hoor op aan­klag van hoog­ver­raad ge­sê het: “Jy het jou siel ver­loor.”

Ge­na­dig­lik is daar men­se in die ANC wat vol­strek wei­er om hul siel prys te gee. Om die siel te ver­loor, is reg­tig soos om ’n le­wen­de dooie te wees, selfs al het jy mag en geld be­kom.

Die op­po­si­sie­par­tye en or­ga­ni­sa­sies uit die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing help ons baie om nie ons siel uit te ver­koop nie, al is dit dan slegs in die Zu­ma-kwes­sie. Hul­le stel dit dui­de­lik dat as jy 350 jaar baie hard ba­klei het om die siel in stand te hou, selfs ook te mid­de van aan­veg­ting, swak­heid en erns­ti­ge twy­fel, dit nou al­ler­mins die tyd is om die siel prys te gee.

Gods­diens­ti­ge groe­pe­rings in die land wat self ook by die stryd om die siel be­trok­ke ge­raak het, sal sê dat dit baie met spi­ri­tu­a­li­teit te doen het.

Hul­le sal sê dat Suid-A­fri­ka­ners ’n be­paal­de in­ge­steld­heid of gees­tes­ge­steld­heid moet hê waar­in al­le fa­set­te van ons mens­wees by­me­kaar­ge­hou be­hoort te word.

Daar­om kan die stryd om die siel nooit ’n skelm­streek wees om op die een ge­bied ’n oor­win­ning te be­haal in die hoop dat an­der kwes­sies dan van­self weg sal gaan of nie ge­han­teer hoef te word nie.

Dit be­gin al hoe meer lyk as­of die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en op­po­si­sie­par­tye be­sef dat die ver­wy­de­ring van Zu­ma en sy tra­wan­te en die de­por­ta­sie van die Gup­tas maar die be­gin van ’n moei­sa­me weg is op soek na die wa­re siel van die na­sie van op­reg­te om­gee vir me­kaar, me­de­deel­saam­heid, broe­der­skap en sus­ter­skap.

Die siel van die land lê deels by die ar­mes en werk­lo­ses en dis waar ons op soek moet gaan. ’n Groe­pie U­ni­sa-kol­le­gas het op die dag van die wan­trou­e­mo­sie in Bur­gers­park met ha­we­lo­ses – van hul­le bloed­jonk – By­bel­stu­die ge­hou. Ten spy­te van moei­li­ke om­stan­dig­he­de het die siel in stand ge­bly.

An­ders as die ANC-po­li­ti­ci is die ha­elo­ses nie on­toe­re­ken­baar nie. Hul­le kom nie ver­ont­skul­di­gend en blaam­ver­skui­wend oor nie, maar er­ken hul eie aan­deel aan hul si­tu­a­sie.

Hul­le ver­staan be­ter as wie dan ook dat ha­we­loos­heid struk­tu­re­le oor­sa­ke het.

Maar in die ge­sprek oor ge­reg­tig­heid in die kon­teks van dak­loos­heid tree hul­le na vo­re as dro­men­de, han­de­len­de men­se wat on­danks ’n ver­staan­ba­re ma­te van si­nis­me en twy­fel nie hul sie­le ver­loor het nie.

Daar tree ’n ver­stom­men­de hu­mor­sin en hoop na vo­re. En die be­sef vat by ’n mens pos dat die stro­fe in ’n ou Si­ons­ge­sang (wat lui “Hoop my siel wees vro­lik, wag op die Heer . . . ”) nooit be­doel was om na bin­ne ver­gees­te­lik te word nie, maar baie te doen het met die stryd om die siel in die om­vat­tend­ste sin van die woord.

Lank le­we die siel van Suid-A­fri­ka­ners!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.